Sekondêre Skool Eldorado haal uit en wys

Octavia Tsibes
Octavia Tsibes

Die Sekondêre Skool Eldorado in Windhoek, Khomasdal, het verlede week pryse by ’n spesiale prysuitdeling, wat deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur aangebied is, ontvang.

Die skool het die prys ontvang vir die skool in die Khomasstreek waarvan die graad 12-uitslae die meeste op beide hoër- en standaardvlak verbeter het.

Van die onderwysers van die skool is ook op dié aand vir hul werk en bydrae tot die sukses van die skool vereer.

Me. Zelda Diergaadt, waarnemende skoolhoof vir 2016, word beskou as die rede vir die skool se sukses.

Diergaadt sê die basis vir die skool se goeie resultate is goeie kommunikasie, asook ouers en die skoolraad se betrokkenheid.

Gedurende die jaar het die skool heelwat motiveringsprekers gehad om leerlinge te aan te moedig en van die skoolraadslede het die leerlinge ook kom toespreek.

Diergaadt sê hoewel almal hard gewerk het om die skool se uitslae te verbeter, hulle ook baie saam gebid het.

Volgens Casey Isaaks, hoofmeisie, is sy ’n ambassadeur van die skool.

“Ek moet dissipline hê en ek moet ’n doel hê om te bereik,” sê sy.

Isaaks is een van die skool se toppresteerders en volgens haar is dit omdat sy gedissiplineerd is.

Sy sê ook sy is nie bang om by ander skole te leer nie.

Volgens die onderwysers maak die skool voorsiening vir alle leerlinge - selfs dié met probleme.

Me. Brigitte Kloppers, wat geskiedenis op hoërgraad gee, het ’n toekenning vir haar werk ontvang.

Volgens haar moet ’n onderwyser ’n verhouding met leerlinge hê, want “dit maak dit makliker om met die kinders te werk,” sê sy.

Sedert die skool se bestaan was dit die eerste keer wat leerlinge ene, tweë en drieë in hul finale eksamen behaal het.

As ’n eksterne nasiener weet Kloppers uit ondervinding, wat van leerlinge verwag word.

“Om seker te maak die kinders verstaan hul werk, het ek op Saterdae ander skole se onderwysers gevra om vir die leerlinge te kom klas gee,” vertel sy.

Op dié manier kon Kloppers sien of die leerlinge werklik hul werk verstaan.

Die skool het baie aktiwiteite vir vanjaar beplan om seker te maak leerlinge presteer nóg beter.

Leo Booys, die skool se hoofseun, sê dissipline en liefde is belangrik.

Hy meen dié twee beginsels gaan hand aan hand.

“As jy iets geniet, sal jy dit te alle tye liefhê en dit met volharding doen,” sê hy.

Me. Doreen Ockhuizen, wat Afrikaans gee, sê kommunikasie tussen onderwysers en leerlinge is baie belangrik.

“’n Onderwyser kan nie alleen goeie resultate bereik nie - jy moet gedurig met jou kinders praat en ’n verhouding met hulle bou,” sê sy.

Vir Amy Claasen, die onderhoofmeisie, is Eldorado ’n skool met leerlinge van verskeie agtergronde, en die skool probeer almal akkommodeer.

“Die skool is vir ons soos ’n familie en daarop sal ons altyd trots wees,” sê sy.

Met die skool se leuse "Ons kan dit doen", wens Claasen die leerlinge sterkte toe.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!