Sekondêre Skool Ella du Plessis
Hope Mouton, graad 12-leerling aan die Sekondêre Skool Ella Du Plessis, Windhoek - Ek is trots op ons skool, want dit bestaan al meer as ’n halwe eeu en akkommodeer alle stamme in ons land. Mnr. Jakavaza Kavari is ons skoolhoof.
Toe ek eerste keer skool toe gegaan het, het ek nie regtig geweet wat om te verwag nie. Al wat ek van die hoërskool af geweet het, was wat ek op TV gesien het. Ek het verwag dit gaan soos ’n “High School Musical”-verhaal wees, maar sonder die sang. Dit blyk dat hoërskool toe heeltemal anders is. Daar was geen skeiding tussen die leerlinge nie.
Ons was almal gelyk en kon vriende wees met wie ons wou. My eerste paar dae in graad 8 was wonderlik. Ek het nuwe mense ontmoet, nuwe vriende gemaak en nuwe dinge geleer. By Ella het ek opvoedkundig, fisiek, emosioneel en geestelik gegroei.
Dis lekker om deel van die skoolspan te wees, want ons onderwysers is baie inspirerend.
Ek het die interessantste wiskunde-onderwyser gehad. Hy het wiskunde soveel pret gemaak dat ek van die vak begin hou het.
By die skool word dissipline en orde daagliks gehandhaaf en ons skool stel ons leerlinge se veiligheid ook hoog op prys. Ons visie is ook om te strewe na die hoogste opvoedkundige standaarde, respek en integriteit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie