Seksvideo: ‘Gigaba moet bedank’
Volgens Vuyo Mkhize het Gigaba die dreigemente wat met kontant verband hou by die polisie aangemeld.
Jana Marx - Malusi Gigaba se afpersers wou hê hy moet sakegeleenthede in die tesourie aan hulle beskikbaar stel waaruit hulle R20 miljoen se wins sou maak.
Dit was nadat hulle hom eers vir R1 miljoen, toe R5 miljoen en uiteindelik R10 miljoen afgedreig het, anders sou hulle die selfoonvideo waarin hy ’n seksdaad verrig bekend maak.
Die video, op sy werkfoon, was glo vir sy vrou bedoel, maar is deur krakers in die hande gekry.
Gigaba, minister van binnelandse sake maar in daardie stadium minister van finansies, sê hy het elke keer geweier om die afpersers te betaal.
Vuyo Mkhize, Gigaba se woordvoerder oor dié saak, sê die afpersing het in April of Mei verlede jaar begin.
’n Anonieme oproeper het die verskillende bedrae geëis.
“Toe dit nêrens heen gaan nie, het hulle hom gevra of hy dan iets ‘eenvoudigs’ sal doen: om sekere sakegeleenthede in die tesourie te ontsluit.”
Volgens Mkhize het Gigaba die dreigemente wat met kontant verband hou by die polisie aangemeld.
Die aandrang op poste in die tesourie is glo by David Mahlobo, voormalige minister van staatsveiligheid, aangemeld.
In Mei vanjaar het Gigaba ’n private speurder aangestel om die afpersers op te spoor.
OPENBARE VERSKONING
Volgens Mkhize het Gigaba geweet “dit gaan een of ander tyd uitkom”.
“Hy het Saterdag van ander politici verneem die video het op hul fone beland.”
Hy het daarna ’n openbare verskoning op Twitter geplaas waarin hy sê hy en sy vrou het met “spyt en hartseer” uitgevind dat ’n video, wat “slegs vir ons oë bedoel was”, die ronde doen.
Dit het uitgelek toe daar ingedring is by sy foon in 2016 of 2017 “om kommunikasie te steel”.
“Ek wil hierdie geleentheid gebruik om in die openbaar om verskoning te vra aan die res van my familie, veral my kinders, my ma en my skoonouers, en die Suid-Afrikaanse publiek vir die pyn en vernedering wat die verspreiding van dié privaat materiaal gaan veroorsaak.”
Volgens Mkhize is die Gigaba-egpaar “oukei”.
“Daar is nie probleme tussen hulle nie. Sy vrou, Nomachule Mngoma, het van die begin af geweet, want sy is ook (deur die afpersers) gebel.”
NENE TEENDEEL BEWYS
Theo Venter, ’n politieke ontleder, sê ’n minister wat so blootgestel is, “het nie ’n keuse as om te loop nie”.
“Hy het al soveel eie doele die afgelope vier jaar aangeteken,” sê Venter met verwysing na onder meer die hofuitspraak dat Gigaba onder eed gejok het.
Staatsamptenare het verskillende verskonings waarom hulle nie bedank nie.
“Hulle sê graag hulle is deur die regerende party aangestel en dat slegs dié party hulle in die pad kan steek. Wel, Nhlanhla Nene het die teendeel bewys.”
Die groot vraag is egter hoe ’n minister se selfoon gekraak word, meen Venter.
“Hoeveel ander staatsgeheime kan nie ook so onderskep word nie? Om nie eens te praat van sy e-posse nie.”
Die politieke ontleder Ralph Mathekga is dit eens dat die krakery ernstig genoeg is sodat die inspekteur-generaal die saak moet ondersoek.
“Dis ’n saak vir staatsveiligheid,” sê hy. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie