Seksvoorligting van graad 4 af
'n Boete van N$50 000 en/of twee jaar tronkstraf is die straf vir 'n private skool wat nie geregistreer is nie.
Henriette Lamprecht - Deel van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se plan om swangerskappe op die skoolbanke te voorkom, is omvattende seksvoorligting van graad 4 af en om personeel wat leerlinge swanger maak, ingevolge die staatsdienswet aan te kla.
Volgens die wetsontwerp van die nuwe onderwyswet moet enigiemand wat ’n leerling onder die ouderdom van 16 jaar swanger maak, ook by die toepaslike owerhede aangegee word. Sou dit ’n werknemer van die ministerie wees, moet dié persoon ingevolge die staatsdienswet aangekla word.
Bogenoemde vorm deel van voorstelle vir die ontwikkeling van ’n beleid wat fokus op die voorkoming en bestuur van swangerskappe onder leerlinge.
Met verwysing na leerlinge se rapporte sê die wetsontwerp dit mag nie teruggehou word, sou daar enige uitstaande gelde aan die skool verskuldig wees nie. Word ’n leerling se rapport wél as gevolg hiervan weerhou, kan die betrokke persoon homself ’n boete van N$5 000 of tronkstraf van ’n jaar op die hals haal.
Dissiplinêre stappe kan ook teen ’n werknemer van die ministerie ingevolge die staatsdienswet gedoen word.
Volgens die wetsontwerp mag die skoolhoof of ’n afgevaardigde ’n leerling of leerlinge vir enige verbode item of onwettige middel deursoek, sou ’n regverdige en redelike vermoede hiervoor bevestig is.
Die soektog mag egter net met inagneming van die beste belange en veiligheid van die betrokke leerlinge en of enige ander leerlinge by die skool en koshuis, sowel as redelike bewyse van enige onwettige aktiwiteit uitgevoer word.
Die leerling moet ook deursoek word deur iemand van dieselfde geslag, hetsy deur die hoof of ’n verteenwoordiger van die hoof. Volgens die wetsontwerp moet dit in ’n private omgewing en buite sig van ander leerlinge plaasvind en moet ’n volwasse van dieselfde geslag as die leerling as getuie teenwoordig wees.
Staatskole mag ook nie enige gelde van ouers vra wanneer ’n leerling by die betrokke skool ingeskryf word nie. Voorts mag die leerling ook nie aan enige siftingsproses vir toelating blootgestel word nie. Die minister mag volgens die wetsontwerp enige staatskool, klas of koshuis deur ’n kennisgewing in die Staatskoerant ná beraadslaging met die verwante streeksonderrigforum tydelik sluit, sou dit ten voordeel van die gesondheid, veiligheid of belange van leerlinge wees. Die tydelike sluiting mag egter nie langer as vier maande wees nie.
Met verwysing na die aanwysing van ’n skoolraad by ’n staatskool, moet die raad, buiten die skoolhoof, ook verkies word uit ouers van leerlinge by die betrokke skool, onderwysers en ander personeellede wat nie onderwysers is nie, leerlinge in graad 7 of hoër by die betrokke skool, sowel as enige ander persoon met die gepaste vaardighede en kennis.
Die betaling van enige verpligte onderrig, eksamen- en ander verwante fooie buiten koshuisfooie word deur die wetsontwerp verbied. ’n Ouer kan egter wel by die skoolraad aansoek doen vir die vrystelling van die betaling van koshuisfooie. Geen leerling mag weens die wanbetaling van vrywillige bydraes deur ouers toegang tot enige kulturele, sport- of sosiale aktiwiteite, sy of haar rapport of oordragsertifikaat na ’n ander skool geweier word nie.
Met verwysing na die ontwikkelingsfonds by staatskole moet die skoolraad “alle redelike stappe binne sy vermoë” doen om die hulpbronne wat deur die staat verskaf word, aan te vul om die gehalte van onderrig te verbeter. Die fonds mag net aangewend word vir opvoedkundige doeleindes en die uitvoering van die funksies van die skoolraad.
’n Skoolraad mag egter nie enige geld of bydraes van ouers insamel om sodoende die betaling van vrywillige bydraes “te omseil of te manipuleer” nie.
Die wetsontwerp verbied voorts die oopmaak van ’n satellietskool wat aan ’n geregistreerde private skool verbind word. Sou ’n private skool nie geregistreer wees nie of ’n satellietskool wél geopen wees, kan die persoon ’n boete van tot N$50 000 en tronkstraf van twee jaar in die gesig staar.
’n Ouer kan wel by die minister aansoek doen vir die registrasie van ’n leerling om tuisonderrig te ontvang. Die registrasie is onder meer onderhewig aan die minimum vereistes van die staat se leerplan en dat dit nie van ’n “laer” standaard as laasgenoemde leerplan is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie