Sekuriteitshekke teen onwettige sandmyne ingespan
Sekuriteitshekke teen onwettige sandmyne ingespan

Sekuriteitshekke teen onwettige sandmyne ingespan

Henriette Lamprecht
Die Rundu-dorpsraad wil vier sekuriteitshekke op paaie oprig om toegang tot die plaaslike vloedpleine beperk. Dit is in ‘n poging om onwettige sandmynbou in die gebied te beperk. Twee van die sekuriteitshekke sal op die Hamutenya Mbwangungu-pad opgerig word wat na Rundu Beach asook die pad wat na Ngandu Lodge lei. Die derde word beplan vir die pad na Sarasungu Lodge en die vierde in die gebied van die gholfklub.
Volgens die raad se waarnemende uitvoerende beampte, mnr. Sikongo Haihamabo is dit die vier paaie wat die meeste vir sandmynbou en ook die onwettige stort van vullis gebruik word.
“Die raad gaan streng optree omdat alles wat mense hier stort, moontlik in die rivier kan eindig,” het hy gesê.
Volgens hom is daar tans tot verdere kennisgewing ‘n verbod op die sandmynbou.
“Toekomsplanne is dat inwoners by die dorpsraad aansoek doen om sand in ‘n spesifieke gebied te myn.” - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!