Sekuriteitskameras help polisie
Tanja Bause - Die stadspolisie het twee van ses rowers gevang wat op 29 Desember in Khomasdal by 'n huis met 'n snoepie ingebreek het.
Vyf van die rowers was gewapen met 'n panga, mes en skroewedraaier en is op kringtelevisiekameras (CCTV) vasgevang, terwyl hulle die vroulike werknemer van die snoepie met die panga gedreig het.
'n Man wat iets by die snoepie wou koop, is ook deur die mans aangeval en geskop.
Die sesde rower het in die voertuig gesit en wag gehou.
Die geld was in die huis toegesluit en die rowers het probeer om die huisdeur met die skroewedraaier oop te breek - sonder sukses. Hulle het die N$250 wat in die snoepie was, asook sigarette, koeldrank en melk gesteel.
Een van die verdagtes is ook vantevore tydens 'n ander rooftog op CCTV vasgevang.
Volgens konst. Edmund Khoaseb, woordvoerder van die stadspolisie, het die video-opnames met die identifisering van die rowers gehelp.
Bekend aan polisie
“Hulle is almal aan ons bekend. Hulle is 'n baie roekelose en gewelddadige bende van Goreangab. Danksy die opnames kan hulle nie stry dat hulle nie betrokke was nie,” het Khoaseb gesê. Die polisie het met die inhegtenisname van die een verdagte na sy huis gegaan en die klere gevind wat hy op die opnames aangehad het. Hulle het ook die panga wat hy gebruik het in sy huis gekry.
“Ons hoop dat meer mense daaraan dink om CCTV by hul huise en besighede te installeer. Dit maak ons werk baie makliker. Ook in die hof hoef ons nie te getuig nie. Ons speel net die video en die verdagtes kan nie stry nie,” het Khoaseb gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie