Seël vir AZ se eeufees bekendgestel
"Om vir 100 jaar 'n koerant uit te gee, is inderdaad 'n uitsonderlike prestasie."
So het mnr. Albe Botha, uitvoerende hoof van Namibia Media Holdings, vanaand tydens NamPost se amptelike bekendstelling van 'n gedenkseël ter herdenking van die Allgemeine Zeitung se eeufees gesê.
Dié seël en gedenkkoevert is volgens Botha 'n baie belangrike deel daarvan om hierdie geskiedenis te verewig.
Hy het NMH se grootste dank aan NamPost uitgespreek.
Volgens mnr. Frikkie Mouton, NamPost se waarnemende hoofbestuurder vir posdienste, is die AZ-seël 'n waardevolle toevoeging tot 'n reeks posseëls waarvan sommige reeds internasionaal bekroon is.
Sodoende sal die boodskap oor hierdie eeufees volgens hom oor die lengte en breedte van die wêreld reis.
Seëls bly volgens Mouton 'n belangrike toonvenster vir 'n land, en ondanks moderne tegnologie bly geskrewe boodskappe soos poskaarte steeds 'n unieke deel van die menslike kommunikasiekultuur.
Vir die eerste keer is mikrotegnologie gebruik wat veroorsaak dat 'n mens die koerantteks op die voorblaaie op die seëls volledig met 'n vergrootglas kan lees.
Die seël is ontwerp deur die bekende Helge Denker.
NamPost bied dienste vir verpersoonlikte seëls vir spesiale geleenthede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie