Seldsame blou diamant haal superprys
'n Seldsame blou diamant wat die laaste 300 jaar in koninklike huise in Europa deurgebring het, is op 'n veiling in Geneva vir US$6,7 miljoen (sowat R83,7 miljoen) verkoop.
Die Farnese-blou is in 1715 as 'n trougeskenk aan Elizabeth Farnese, dogter van die hertog van Parma, gegee toe sy met Philip V van Spanje getroud is.
Daarna is die diamant van die een adellike familielid na die ander oorgedra en het van Spanje na Frankryk, Italië en Oostenryk beweeg.
Die diamant van 6,1 karaat kom van die bekende Golconda-myn in Indië. Dit is ná slegs vier minute op die veiling deur Sotheby's verkoop en het baie meer gehaal as die verwagte bod van tussen R41 miljoen (US$3,6 miljoen) en R59 miljoen (US$5,2 miljoen).
“Ons het 'n goeie prys verwag, maar het by US$3,5 miljoen begin en het op US$6,7 miljoen geëindig. So ons het ons eie verwagting oorskry. Goeie juwele, goed ontwerp, goed gemaak met 'n goeie voorkoms en die regte ouderdom doen baie goed,” sê Daniela Mascetti, Sotheby's se juweelkundige.
Volgens die afslaers se webwerf het die peervormige diamant eens op 'n tyd deel uitgemaak van 'n tiara wat aan Marie Antoinette, die Franse koningin, behoort het.
Die identiteit van die nuwe eienaar is nie bekend gemaak nie.
– Netwerk24/BBC

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie