Selfdegeslagliefde is ook liefde
Denver Kisting - Verlede maand het sommige vermoedelik liefdelose lesers oënskynlik in hul ontbytpap verstik.
Hul brakingsterwensuur het nie amper aangebreek weens ’n blinknuwe korrupsieskandaal wat deur die media oopgevlek is of ’n grumoord wat opnuut die land in sy fondamente geskud het nie.
Nee.
Dié mense het bykans hul skepper op daardie dag ontmoet omdat Republikein dit gedurf waag het om ’n reusefoto – van uitmuntende gehalte – op die koerant se voorblad te plaas.
Die pragbeeld wat talle se ontbytsaligheid in die wiele gery het, was van ’n lieflike gesin van drie – ’n tien maande oue kostelike seuntjie en sy getroude ouers wat hom met deernis en liefde bejeën.
Boonop was sy ouers reeds jare getroud toe hulle hom in hul lewens verwelkom het, en die toonbeeld van bestendigheid – iets wat selde indien ooit eie is aan die omstandighede waaronder duisende Namibiese kinders hul eerste lewenslig aanskou.
Sou jy daardie gedenkuitgawe misgeloop het, kan ek my goed indink dat jy op hierdie Dag van die Liefde wonder waaroor my bohaai gaan.
’n Mooi foto van ’n ewe mooi kerngesinnetjie behoort tog in geen stadium tot ’n kabaal van enige aard te lei nie. Of hoe?
Wel, dit het. Veral in die sosiale media op daardie euwel met die naam Facebook het hordes lesers hul virtuele penne in dodelike gif gedoop en die een die haatkoeël ná die ander afgevuur.
(Kantaantekening: Dis stokou nuus dat sosialemediaplatforms ons nie liefdeloos en giftig maak nie. Ons ís reeds so. Sosialemediaruimtes stel ons net aan die kaak.)
In elk geval, dié gesinnetjie is aan haatspraak en snedige en bitsige kommentaar onderwerp omdat die seuntjie se ouers twee mans is. Met ander woorde hy is bevoorreg om twee pa’s te hê, terwyl baie van ons net een ouer of selfs geen het nie.
Onder meer is daar gewonder hoe die seuntjie geborsvoed is. Wel, miskien is dit nuus dat sommige ma’s nie borsmelk vervaardig om hul suigelinge self te voed nie.
Miskien is dit eweneens kraakvars, brekende nuus dat formulemelk al baie lank mildelik in ons midde is.
Trouens, baie van ons het ons lewens te danke aan poeiermelk uit ’n blik wat met afgekookte water vermeng word en in ’n plastiekbottel met ’n sintetiese speen vir etlike maande verskeie kere per dag ons enigste maaltyd is.
’n Ander haatspraakpraktisyn het onomwonde die mening gehuldig dat dié seuntjie se seksuele oriëntasie sal “uitdraai” (sug) soos dié van sy liefdevolle ouers.
Ekskuus? Die meeste gay kinders se ouers is 150% straight.
Oor die (on)wetenskaplike aard van dié en ander soortgelyke bespiegelings is dié ruimte te beperk om onder die loep te neem. Ons laat dit oorstaan vir ’n volgende geleentheid.
Ek onthou ’n ander opmerking van iemand wat gevra het ons moet eerder ons kosbare tyd wy aan die talle hawelose minderjarige kinders wat kaalvoet en verslete daagliks by verkeersligte bedel vir ’n paar muntstukke vir gom, dagga, drank en/of ’n ietsie om te eet.
Wie se kinders is daardie? wou iemand terstond verstom weet. Julle straight mense s’n, het die antwoord plotseling gekom.
Of al die weerlose verkeersligbloedjies met die glasige oë se ouers deur die bank almal straight is, het ek geen manier om vas te stel nie.
Dat dit stof tot nadenke is, behoort egter nie ook brekende nuus te wees nie.
Maar voor my relaas ook in ’n gifskrywe ontvou, moet ek darem erken ek was aangenaam verras dat die plasing van ’n gesin wat ná ’n erge ontnugtering deur die land se howe met goeie nuus verras is op ’n koerant se voorblad minstens ’n gesprek aan die gang gesit het.
’n Gesprek wat effe meer gebalanseerd was met stemme wat uit albei “kampe” dik gemaak is.
Of jy as straight, gay, lesbies, biseksueel of wat ook al identifiseer, is die wens van my hart dat jy op dié dag onvoorwaardelike liefde ervaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie