Selfliefde diu00e9 Valentynsdag in ou00ebnskou
Selfliefde diu00e9 Valentynsdag in ou00ebnskou

Selfliefde dié Valentynsdag in oënskou

Yandi Du Plessis
A State of Contentment is ’n foto-uitstalling deur Geena Visagie wat deur die galery EFANO EFANO saamgestel is in samewerking met Café Prestige, waar die foto’s uitgestal word.

Februarie word dikwels as die maand van liefde beskou. Op Valentynsdag oorlaai ons die mense naaste aan ons met liefde en toegeneentheid, maar die een persoon aan wie ons dikwels vergeet om waardering en liefde te betoon, is onsself.

Hoe dikwels kan ons sê ons is tevrede met dít wat ons in die spieël sien? As jy bloot jou vingers kon klap om een ding aan jou voorkoms te verander, sou jy?

A State of Contentment moedig ons sagkens aan om teenwoordig te wees en onsself lief te hê ten spyte van al ons gebreke of onvolmaakthede wat ons dink ons het.

Deur temas van negatiewe liggaamsbeeld, onsekerheid wat groei tot selfliefde en aanvaarding te ondersoek, vorm hierdie uitstalling ’n intieme portret van vyf jong vroue (Jannette Brand, Nadia Martins, Mbitjita Katjivena, Cailey Moolmann en Shanizia da Cunhawho) en hul reise om ’n “toestand van tevredenheid” te ervaar in ’n era waar ons in ’n konstante stryd met onsself gewikkel is.

Geena is ’n 21-jarige beeldfotograaf wat in Windhoek gebaseer is. A State of Contentment is haar eerste solo-uitstalling.

Die uitstalling kan tot 9 Maart 2022 by Café Prestige in Robert Mugabe-rylaan besigtig word.

Vir meer inligting oor die kunstenaar en uitstalling kontak EFANO EFANO Gallery by 081 778 6607 of stuur ’n e-pos na [email protected] vir meer besonderhede.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!