Selfmoord-bomaanvallers slaan toe in Nigeriu00eb
Selfmoord-bomaanvallers slaan toe in Nigeriu00eb

Selfmoord-bomaanvallers slaan toe in Nigerië

Die militante Islamitiese terreurgroep, Boko Haram het weer met selfmoordbomaanvalle lewens in Nigerië geëis.
Minstens 10 mense is dood en 29 gewond in vier selfmoordbomaanvalle in Maidugurid in die noordooste van Nigerië.

Reuters berig niemand het onmiddellik aanspreeklikheid vir die aanvalle aanvaar nie. Hoewel Boko Haram, die Islamitiese militante groep, geneig is om aanvalle in Maiduguri in die Borno-staat uit te voer.

Nog ’n kenmerk van die groep se terreurdade is om vroue as die aanvallers te gebruik.

Time berig die selfmoordbomaanvallers was twee vroue en twee mans.

Die eerste ontploffing was omstreeks 17:00 naby ’n groep mense wat besig was met hul aandgebede, berig die BBC.

Sewe mense is in dié ontploffing dood, sê Bello Dambatta, ’n staatsamptenaar.

Die derde aanvaller het by ’n huis toegeslaan en nog twee aanvallers het hulself opgeblaas voordat hulle hul teikens bereik het, sê Dambatta.

’n Verslag wat vroeër vanjaar deur Amerikaanse antiterroriste navorsers geskryf is, toon Boko Haram is die eerste militante groep in die geskiedenis wat meer vroue vir selfmoordbomaanvalle as mans gebruik. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!