Selfmoordbom dood 8 polisiebeamptes
Die onstabiele Sinai-skiereiland in Egipte het gister weer onder 'n dodelike aanval op veiligheidsmagte deurgeloop.
'n Vragmotorbomaanval op 'n Egiptiese veiligheidskontrolepunt op die Sinai-skiereiland het gister die lewe van agt polisiebeamptes geëis.
Polisiebeamptes sê 'n selfmoordbomaanvaller het met 'n vragmotor vol plofstof in die deursoekingspunt in die noordelike stad El-Arish ingejaag en gewapende mans het met geweervuur op die deursoekingspunt losgebrand.
Die Islamitiese Staat-groep (IS) se Egiptiese tak op die Sinai-skiereiland het die afgelope twee jaar verskeie soortgelyke aanvalle in die gebied uitgevoer.
'n Verdere agt mense is in dieselfde aanval beseer, het die staatskoerant, Al-Ahram, op sy webtuiste berig.
Djihadiste het sedert 2013 en die val van die Islamitiese president, Mohamed Morsi, reeds honderde soldate en polisiebeamptes om die lewe gebring.
Die meeste van die aanvalle het plaasgevind op die Sinai-skiereiland wat aan Israel en die Palestynse Gaza-strook grens. In November is agt soldate in 'n motorbomaanval by 'n ander deursoekingspunt op die skiereiland dood.
- Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie