Selfmoordbom eis 12 lewens in Kaboel
'n Selfmoordbomaanval het gister die lewe van 12 mense in die Afghaanse stad, Jalalabad, oos van Kaboel, geëis. Meer as 30 mense is gewond. Kinders en vroue is van die slagoffers, het 'n woordvoerder van die ministerie van binnelandse sake aan Reuters bevestig. Geen groep het onmiddellik verantwoordelik vir die aanval aanvaar nie. Afghaanse Taliban-militante het Saterdag 'n verrassende drie daagse skietstilstand aangekondig vir die Moslemse Eid-vakansiedag aan die einde van die week. Dit volg dae ná die regering 'n onvoorwaardelike skietstilstand teen die Taliban aangekondig het. Op die foto kom sekuriteitspersoneel by die toneel van die selfmoordbomaanval aan. Foto Nampa/AFP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie