Selfmoordbom eis talle in Afghanistan
13 mense is dood en meer as 30 beseer toe ’n selfmoordbomaanvaller Dinsdag op ’n verkiesingsbyeenkoms in Afghanistan se oostelike provinsie Nangarhar toegeslaan het.
Die owerhede verwag dat die dodetal verder kan styg.
Die veldtog vir die parlementêre verkiesing op 20 Oktober het Vrydag begin en veiligheidsbeamptes het gewaarsku teen militante aanvalle tydens die veldtog.
Attaulla Kogjani, woordvoerder van die provinsiale goewerneur, sê minstens 13 lyke is na hospitale geneem, maar die dodetal kan uiteindelik hoër wees.
“Stam-oudstes was besig om te praat toe daar skielik ’n groot ontploffing was,” sê Sayed Hoemajoen, wat die vergadering bygewoon het.
“Ek het my bewussyn in die ontploffing verloor en toe ek my oë oopmaak, het liggame oral versprei gelê.”
Sowat 250 mense het die byeenkoms bygewoon, sê Sorab Qaderi, ’n lid van die provinsiale raad.
Niemand het al verantwoordelikheid vir die voorval aanvaar nie. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie