Selfmoordbom in Afhanistan eis 8 Moslemleiers
Agt mense is dood toe die draer van ’n selfmoordbom op ’n motorfiets Maandag ’n saamtrek van Moslemleiers in Kaboel, Afganistan, aangeval het. Tien mense is ook beseer.
Die bom het ontplof by die ingang van ’n groot tent waar die gematigde leiers byeengekom het. Die meeste van hulle was egter reeds weg. Die sowat 2 000 leiers het ’n tweedaagse vredesberaad bygewoon. Hulle het besluit om konflik in die land te veroordeel en om ’n fatwa, ’n geloofsdekreet, uit te vaardig dat die ekstremistiese Taliban sy stryd moet laat vaar.
Die Taliban, wat ná Amerikaanse ingryping in 2001 beheer oor die land verloor het, het betrokkenheid by die jongste aanval ontken.
Tientalle mense is die laaste weke in die land dood in bomaanvalle wat met die heilige maand Ramadaan saamval.
’n Groep ekstremiste wat met aanvalsgewere bewapen was, het Woensdag die verskanste hoofkantoor van die departement van binnelandse sake aangeval. ’n Hewige skietgeveg van sowat twee uur het gevolg.– Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie