Selfmoordbom op Persiese nuwejaar
Afgaanse brandweermanne maak die toneel skoon waar 'n dodelike selfmoordbom voor die Kaboel Universiteit in Kaboel Woensdag ontplof het. Die selfmoordbomaanvaller het in die pad wat na 'n Sjiitiese plek van aanbidding lei toegeslaan. Minstens 29 mense is dood en nog 18 beseer terwyl Afgane die Persiese nuwe jaar herdenk het, het 'n woordvoerder gesê. Sover het niemand nog verantwoordelikheid vir die bom aanvaar nie. Foto Nampa/AP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie