Selfmoordbom ruk Kaboel
Selfmoordbom ruk Kaboel

Selfmoordbom ruk Kaboel

Minstens 95 mense is dood in 'n selfmoordbomaanval Saterdag in Kaboel, die Afgaanse hoofstad, en nóg 158 mense is beseer. Die teiken van die bomaanval was die gebou waarin die department van binnelandse sake gehuisves word, berig die BBC. Die bom was in 'n ambulans versteek. “Dis 'n bloedbad,” het 'n nood­dienswerker van 'n nabye hospitaal aan Reuters gesê. 'n Parlementslid wat in die omgewing was toe die bom ontplof het, vertel hoe die ambulans een van die kontrolepunte voor die staatsgeboue genader het voordat dit ontplof het. Ander geboue in die gebied sluit in verskeie ambassades en 'n vredesraad se kantore. Mense het oral rondgelê, vertel die parlementslid, Mirwais Jasini. 'n Digte rookwolk het die lug in getrek wat honderde meters ver gesien kon word. Mense in nabye geboue kon die skuddings voel toe die bom ontplof. Ná verlede week se aanvalle deur die Taliban op die Intercontinental-hotel, is veiligheidsmaatreëls opgeskerp. Niemand het nog aanspreeklikheid vir die jongste aanval aanvaar nie.

FOTO NAMPA/REUTERS/NAWEED AHMAD SHAKOORI

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!