Selfmoordbom van Boko Haram eis 15
'n Nigeriese reddingsbeampte sê ten minste 15 mense is dood en nóg 43 is beseer in 'n selfmoordaanval in die Mashimari-nedersetting in die Borno-staat in die noorde van die land.
Bello Dambatta, hoof van reddingsoperasies van die Borno-staat noodbestuuragentskap, het gesê vroue was die meerderheid wat in Maandagoggend se aanval gesterf het en die dodetal sal vermoedelik styg.
Dambatta het ook gesê die meeste van die slagoffers is na mediese fasiliteite in Maiduguri and Konduga afgevoer.
Bunu Bukar, sekretaris van die Jagtersvereniging van die Borno-staat, het gesê drie selfmoordbomaanvallers het die aanval uitgevoer ná wapenskote afgevuur is en die inwoners van die nedersetting weggehardloop het. Die nedersetting is nie ver van die Mandarari interne vlugtelingskamp wat in Augustus aangeval is nie.
Boko Haram het in die afgelope agt jaar reeds meer as 20 000 mense gedood. - News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie