Selfmoordbomaanval in Jemen eis ses lewens

NAMPA
Minstens ses mense is Dinsdag in ‘n selfmoord-motorbomaanval by ‘n basis in Jemen se suidelike hawestad, Aden, dood.

Die kamp word deur plaaslike veiligheidsmagte gebruik wat deur die Saoedi-geleide koalisie georganiseer is om teen Jemen se Houthi-rebelle te veg.

Die Islamitiese Staat-groep (IS) het aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar.

Dosyne mense, insluitende burgerlikes, is in die aanval gewond.

Islamitiese militante het die burgeroorlog in Jemen wat in 2015 begin het, uitgebuit in 'n poging om hul invloed uit te brei en ‘n houvas in die verarmde land in die suidelike Arabiese skiereiland te kry. Ooggetuies het vertel van ‘n reuse-ontploffing wat die Al-Mansoura-distrik in die noordelike deel van Aden geruk en minstens een gebou in puin gelê asook die vensters van ander gebou uitgeruk het. ‘n Rookpluim het bo die gebied gehang.

Ambulanse het na die toneel gejaag om die gewondes na hospitale te vervoer. Foto’s is op sosiale media versprei van verskeie jong mans in militêre uniforms wat weggedra word. - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!