Selfmoordbomaanvalle eis burgerlikes
Vroue rou ná ‘n selfmoordbomaanval in ‘n nedersetting naby Maiduguri in Nigerië. Die owerhede in die noordooste van die land sê die aanval is deur vyf vroue aanvallers in Kofa uitgevoer. Altesaam 24 mense is in die reeks aanvalle dood. Minstens 16 van hulle is deur ‘n dubbele selfmoordaanval in ‘n kamp vir hawelose mense dood. Die meeste slagoffers was burgerlikes. Foto Nampa/AP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie