• Tuisblad
  • Afrika
  • Selfmoordbomaanvallers slaan toe by mark in Nigerië
Selfmoordbomaanvallers slaan toe by mark in Nigeriu00eb
Selfmoordbomaanvallers slaan toe by mark in Nigeriu00eb

Selfmoordbomaanvallers slaan toe by mark in Nigerië

Minstens 12 mense is dood en 48 gewond in 'n selfmoordbomaanval van twee vermeende lede van die terreurgroep Boko Haram Woensdag in die stad Maiduguri in die noordooste van Nigerië, luidens amptenare van die State Emergency Management Agency (Sema) vir die Nigeriese staat Borno.

Die weermag het die afgelope paar weke begin terugslaan teen die ekstremistiese Islamitiese groep in die noordoostelike staat van die land, wat beskou word as die middelpunt van die konflik wat reeds in 2009 begin het.

Die twee mans het 'n mark laatmiddag in die Muna Garage-gebied, aan die buitewyke van Maiduguri, ­geteiken.

Intussen het 'n faksie van Boko Haram Maandag 'n video vrygestel wat die groep beweer materiaal bevat van die meisies wat vier jaar gelede uit die dorp, Chibok, ontvoer is. Daar wys glo ook 'n Nigeriese weermagvliegtuig wat uit die lug geskiet is en 'n groep polisievroue wat hulle verlede jaar ontvoer het.

– Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!