Selfmoorde in die feesseisoen
Selfmoorde in die feesseisoen

Selfmoorde in die feesseisoen

Namibiërs dwarsoor die land het hulself gehang, waarvan enkeles notas agtergelaat het.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die afgelope feesseisoen was nie vir almal in Namibië 'n tyd van vrolike samesyn en partytjies nie.

Minstens 12 mense het selfmoord gepleeg.

Volgens die Namibiese polisie was daar tussen 22 Desember verlede jaar en 1 Januarie vanjaar selfmoordgevalle dwarsoor die land.

Op 22 Desember is die 39-jarige mnr. Nghishoono Shinedima se liggaam op die plaas Omihana, naby Uis, gevind waar dit aan 'n boom gehang het.

Geen selfmoordnota is gevind nie en die polisie vermoed geen misdaad nie.

Die oorledene se familie is van die voorval in kennis gestel.

Op 24 Desember het die ma van die 32-jarige me. Esther Akuumba omstreeks 12:00 by die Onashikookaya-dorpie in die Onyaanya-gebied op haar dogter se liggaam in haar slaapkamer afgekom.

'n Selfmoordnota is gevind en die polisieondersoek duur voort.

Teen 17:00 op die 24ste is 'n liggaam op Rehoboth gevind waar dit aan 'n boom in Blok F gehang het.

Die polisie ondersoek die saak.

Op Kersdag is die liggaam van mnr. Erwin Tjiuoro (25), 'n polisiebeampte, omstreeks 18:50 in die Damara-blok van die Epako-nedersetting gevind waar hy gehang het. Hy is op 23 Desember laas lewend gesien. Die polisieondersoek duur voort en Tjiuoro se familie is van sy dood ingelig.

Die liggaam van die 17-jarige Paulus Angula is by die Epenya-dorpie naby Omavela in die Oshanastreek in sy kamer gevind. Angula het 'n briefie ­agtergelaat voor hy homself gehang het.

Die liggaam van die 21-jarige mnr. Eliakim Shoopala is op 26 Desember om 10:00 in Otjiwarongo se DRC-nedersetting in sy blyplek gevind. Die polisie vermoed hy het homself gehang.

Geen nota is agtergelaat nie.

Op 30 Desember is die liggaam van die 28-jarige mnr. Jerry Kariseb omstreeks 00:15 by 'n huis in die Havana-nedersetting langs die Monte Christo-pad hangend aan 'n boom langs sy huis gevind.

Die polisie ondersoek die saak.

Die liggaam van me. Eva Liisa Josef is ook op 30 Desember omstreeks 09:40 in haar slaapkamer in die Onankulo-dorpie naby Ondangwa gevind.



'n einde ná nagskof

Sy het haarself gehang en geen brief agtergelaat nie.

Dieselfde aand is die liggaam van die 53-jarige mnr. Willhem Ndakoluta omstreeks 19:00 in Omusheshe-dorpie gevind.

Hy het homself skynbaar gehang 'n dag ná hy deur die Oshakati-staatshospitaal ontslaan is. Geen brief is agtergelaat nie.

Tussen 30 en 31 Desember het 'n selfmoord in Tutaleni plaasgevind.

Volgens die Namibiese polisie is die liggaam van die 37-jarige mnr. Sion Omwa deur sy huismaat ontdek ná hy van 'n nagskof by sy werk teruggekeer het.

Omwa het 'n briefie agtergelaat.

Sy familie is van die voorval ingelig en die polisieondersoek gaan voort.

Die liggaam van mnr. Erastus Mwatukange (29) is op 31 Desember omstreeks 05:00 hangend aan 'n boom meters van sy huis in Walvisbaaistraat in Windhoek se Havana-nedersetting gevind.

Hy het 'n nota agtergelaat.

Op 1 Januarie is die liggaam van mnr. France Kalenga in die Otjorute-dorpie gevind.

Kalenga het homself gehang. Die polisie ondersoek die voorval.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!