Selfmoordmotorbom ontplof in Mogadishu
Die militante fundamentalistiese Islamtiese groep Al-Sjabaab word daarvan verdink dat dit gister ''n motorbom in die hoofstad van Somalië laat ontplof het om verkiesings in die land in die wiele te ry.
'n Selfmoordmotorbom het gister by 'n deursoekpunt na aan Somalië se nasionale teater in die hoofstad Mogadishu ontplof. Benewens die aanvaller is dit nie bekend of enige iemand anders in die ontploffing dood of beseer is nie.
Ooggetuies sê die ontploffing is deur geweervuur gevolg. Die nasionale teater is ongeveer 500 meter van die presidensiële paleis.
Die aanvaller het die motorbom laat ontplof nadat die polisie hom aangesê het om by die deursoekpunt stil te hou, het 'n polisiebeampte, Abdikadir Hussein, aan Reuters gesê.
Die ontploffing het ook die voorste muur van 'n nabygeleë restaurant in puin gelê.
Niemand het nog aanspreeklikheid vir die voorval aanvaar nie, maar al-Sjabaab-militante is geruime tyd al besig met pogings om uitgerekte parlementêre verkiesings in die land te ontwrig. Die verkiesings, wat oor drie maande gehou word, is daarop gemik om die gebroke nasie ná dekades van oorlog te herstel. Die verkiesingsproses loop op 29 Desember ten einde.
Al-Sjabaab probeer ook vredebewaarders van die Afrika-unie uit die land verdryf en wil Somalië se Westers-gesteunde regering omver werp om 'n eng vertolking van Islam in die land in die Horing van Afrika af te dwing. -Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie