Selfs ‘n mooi voorneme se raklewe is nie lank
Des Erasmus - As Dik Anna die afgelope jare by haar Nuwejaarsvoornemens gehou het, was sy nou Dun Antjie. Dit lyk ook of sy nou afgesien het van haar jarelange strewe na gewigloosheid, want ou Anne sê nou met haar dood moet hulle maar een of twee meer draers aanwys.
Klouter sommer met die wegtrek op die skaal, want soos drank en tabak beklee gewig die eerste drie plekke vir ‘n nuwe jaar. Ken mos die wroeging, want ek was (is?) mos self in die driehoekige net vasgevang.
Juis die gewigtige stryd het my hier met die draai van die jaar beroepsgewys twee opsies laat weier. Sê maar ek het verkies dat die bekers by my verby moet gaan. Albei skryfsels het oor die mensdom se nimmereindigende stryd teen vetsug gehandel, kortom dieetboeke. Van my is verwag om die boek met die naam Smelt deur Die Skraal Man te redigeer. Daarvoor het ek in die feesgety absoluut geen aptyt gehad nie. Die ander was ‘n byna soortgelyke, maar ‘n versoek om te vertaal. Kill the Kilogram was die gesaghebbende bundel se naam. Om nie ‘n ou vrindskap aanstoot te gee nie, is nie botweg geweier nie, maar is ‘n ander plan gemaak. Sommer die naam is as Kielie die Kilogramme vertaal. Toe herroep die opdraggewer sy versoek.
Wat vir ‘n gesukkel sou dit afgee met ‘n “wizz kid” as ‘n nasaat se verjaarsdag wat ook nog op 4 Januarie was. Met ‘n wedersydse soettand deel ons twee in aard.
Afhangende van die omstandighede verskil Nuwejaarsvoornemens. Groot begrip bestaan vir boerewense en -voornemens. Onthou mos die oubasie wat op ‘n vergange kongres van die ou Suidwes-Afrikaanse Landbou-unie ‘n spreekbeurt gebruik het om te verklaar dat hy van voorneme is om in die betrokke jaar baie reën te kry. Met die worsteling teen die droogte kon dit maar ‘n kongres teen die einde van 2016 wees. En siedaar! Sommer vroeg in Januarie trek die sluise van die hemele oor groot gebiede oop.
Of vat nou een van die Nuwejaarsvoornemens om te bespaar en roer dit in by die strewe om gewig te verloor. Dis dié tyd nie kuikens van eenderse vere nie. Vanselfsprekend is daar nog heelwat titseltjies van Kersfees en Nuwejaar oor. Dis goed wat geld gekos het en waarmee bespaar kan word. Maar word dié voorneme nagekom, las die kilo’s op die ander skaalbak aan.
Daar is ook voornemens met voorbehoude. So is daar die verhewe strewe om jou vyande lief te hê soos jouself. ‘n Voorbehoud is dan om die reël nie vir die vyandigste van die vyande te laat geld nie. Toe word die lysie van voorbehoude langer as die voorneme.
Dit kan nogal ‘n lekker speletjie word om ‘n lysie op te stel van alles wat vir ‘n nuwe jaar voorgeneem word. Namate die jaar aanstap, kan elke keer nagegaan word by watter gehou is. Kan amper wed almal gaan kalf voordat dit uitgevoer is.
So terloops, wat was wie se voornemens vir die vorige jaar? Dit sal maar knetter om enetjie of tweetjies te onthou. Die res is na die stortingsterrein van onthou.
Vat nou maar die nooientjie in ons spannetjie met die vaste voorneme om in 2017 Anton Rupert se goue blaar vaarwel toe te roep deur ‘n rokery te los. Vang haar juis op 2 Januarie waar sy ‘n sigaretjie opsteek en met trots verklaar sy het ‘n volle dag en ‘n paar uur nie gerook nie.
“Op dit,” sê sy en trek ‘n vuurhoutjie.
Daar is wel verhewe en haalbare goed wat voorgeneem kan word. Maak dit ‘n jaar waarin gedoen gaan word wat reg is. Dit kan ‘n jaar wees waarin aan die beeld van Namibië gebou kan word. Dit kan ‘n jaar word waarin God se akker met geloof bewerk gaan word sodat die wonder van die skepping in sy blom kan staan.
Laat ons nie op mekaar wag nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie