Selfs 'valskerm' is te duur
Selfs 'valskerm' is te duur

Selfs 'valskerm' is te duur

Dani Booysen
Oor 'n maand en 'n half behoort Namibiërs te weet wat die regering met die land se nasionale lugredery gaan doen.

Maak nie saak wat die besluit is nie, belastingsbetalers het reeds 'n reuseprys betaal en sal nog N$2,5 miljard moet opdok indien Air Namibia gelikwideer word – om op 'n skoon lei te begin. 'n Sogenaamde “val­skerm” vir die redery kan byna N$1 miljard ekstra kos.

Die begrotingsbalans is op die spel.

Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, se aanbeveling vir likwidasie sal baie moeilik deur die kabinet geïgnoreer kan word. Die onwinsgewende roete na Frankfurt kan nie suiwer vir sentiment behou word nie – dit moet minstens gelyk breek.

'n Nuwe begin, met toegespitste fokus op binnelandse vlugte en winsgewende roetes na buurlande, lyk na die enigste uitweg. Diegene met ander planne moet dit op die tafel sit.

Een goeie gevolg van die resessie is dat die albatros wat Air Namibia geword het duideliker gesien word vir wat dit is. Minstens na buite lyk dit of oplossings ernstiger as ooit tevore gesoek word, hoewel ons nie weet hoe hard daar dalk al tevore agter die skerms baklei is nie. Groter deursigtigheid is daar beslis.

Die regering kan nie voortgaan om uit patriotisme of politieke gedienstigheid geld in die put te pomp nie. Soos die Engelsman sê is dit soms wenslik om skuld se hou op die kinnebak te vat en eers ná behoorlike voorbereiding terug in die kryt te klim.



So sê ander

13 Augustus 2019



The ANC must back off and let the SABC be



The report from the commission of inquiry into editorial interference at the SABC during the years of state capture makes for chilling reading.

From wanton abuse of the public broadcaster by ANC politicians and Hlaudi Motsoeneng's North Korea-like behaviour to the terrorising of staff by “enforcers”, the report chronicles a microcosm of South Africa during the wasted decade. It makes it clear why the SABC is on its knees holding a begging bowl.

Although it found no direct evidence of instructions coming from Luthuli House, the commission said that the “spectre of the ANC hovered over the newsroom”.

The commission could not come to a conclusion regarding the motives of those who abused power, and could not say if it was “sheer incompetence, personality disorders, or for monetary gain”.

It did, however, make some strong recommendations, though some feel these do not go far enough.

The ANC carries much blame for breaking the SABC and must shoulder the responsibility and help to fix it. The best way to do this, we suggest, would be to stay away.

Let government support its recovery and oversee policies at a macro level. But the governing party, which has been responsible for much of the toxicity at the SABC, should wean itself off the need to control it.

• CITY PRESS

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!