Selfvertroue teen buiteperde getoets
Elk van die drie wedstryde môre sal groot invloed op die puntestand hê.
Andrew Poolman – Die terugkeer na hul tuisveld in Khomasdal, boonop met 'n klompie toeskouers, sal vir FNB Western Suburbs 'n bron van selfvertroue wees voor môre se premierliga-wedstryd van die Namibië Rugby-unie (NRU).
Die wyse waarop Suburbs twee naweke gelede in die tweede helfte losgetrek en vanaf 12-15 na 'n sege met 45-15 gestorm het, wys hoe onsinnig dit is om hulle vir net 'n oomblik af te skryf.
Suburbs begin hierdie rondte in die vierde posisie uit die agt spanne en kom te staan teen die Walvisbaaiers wat hulle aan die onderpunt van die puntelys bevind, met net een punt ná twee wedstryde. Die 2019 Wêreldbeker-senter Justin Newman maak sy debuut vir Kudus.
FNB Western Suburbs: 15 Ricardo Swartz, 14 Dumarcho Hartung, 13 Morgan Esterhuizen, 12 PJ Walters, 11 Gino Wilson (kaptein), 10 Justin Nel, 9 Biza Willemse, 8 Tjingairi Katjivi, 7 Richard Mupewa, 6 Vakomboka Kamboo, 5 Fidel Micolleney, 4 James Kisting, 3 Andreas Shikonekeni, 2 Howard Gawagab, 1 Chemigan Beukes. Reserwes: Jason Fredericks, Marenga Tjijandjeue, Diamando Tjombe, Greg Stein, AJ Kearns, Mbimbo Mbai, Collins Omalu.
FNB Kudus: 15 Lloyd Jacobs, 14 Quentos Damens, 13 Justin Newman, 12 Chessborough Lawrence, 11 Vernon McKay, 10 Leeroy Stevens, 9 Jivino Polster, 8 Joshua Jacobs, 7 Jarreth Koning, 6 Ernesto Bampton, 5 Fernando Wohler, 4 Grant Nash (kaptein), 3 Hauta Veii, 2 Derio Benson, 1 Sidney Halupe
Reserwes: Jarren Koning, Lorenco Calaca, Tjino Tjirare, Cosmos Makgone, Virgil Bampton, Percy Nash, Rayton Paulse.
FALCON WAG VIR UNAM
Afrigter Johan Diergaardt het reeds tevore gewys dat hy daarvan hou om met iets onvoorspelbaar vorendag te kom en sodoende FNB Universiteit van Namibië se opponente aan die raai te hou. Dit is opnuut die geval met die studentespan se rotasie-benadering vir hul wegwedstryd môre teen Reho Falcon op Rehoboth.
Die flank Peter Diergaardt sal weens verkoue nie speel nie, terwyl Camlo Martin se voorgenome terugkeer op binnesenter weer weens werkverpligting gekanselleer is.
Die verskyning van Delron Brandt op die reserwebank is deel van die strategie om Unam se aanslag vars te hou. Sy nr. 10-trui word aan Johannes Mwenyo toevertrou, wat ondanks sy deurbrake as nasionale sewes- en o.20-speler nog nie dieselfde bekendheid as Brandt verwerf het nie.
FNB Unam: 15 Lorenzo Louis, 14 Oderich Mouton, 13 Darryl Wellman, 12 Alcino Isaacs, 11 Shareave Titus, 10 Johannes Mwenyo, 9 Sunday Haitembu, 8 Prince !Gaoseb (kaptein), 7 Gilad Plaatjies, 6 Berry Gande, 5 Simon Haitembu, 4 Max Katjijeko, 3 Hilwen Fourie, 2 Shaun van Wyk, 1 Desiderius Sethie.
Reserwes: Aleck Botha, Graham April, Kami Mieze, Cameron Langenhoven, Cameron Klassen, Delron Brandt, Chad Plato.
FNB Reho Falcon: 15 Wayrich Hansen, 14 Franklin Karugab, 13 Anthony Brandt, 12 Leegan Moos, 11 Ronaldo de Klerk, 10 Franklin Busch, 9 Miguel Busch, 8 Freginald Africa, 7 Denilo Feris, 6 Toby van Wyk (kaptein), 5 Arden Wesso, 4 Etienne Koopman, 3 Edmando Coetzee, 2 Lwando Maxeke, 1 Roland Renton.
GROOTFONTEIN BESOEK UNITED
Dié spanne se twee ontmoetings in die voorseisoen maak die vooruitsig van môre se kragmeting by Gemsbokpark net nóg meer interessant.
Trustco United en FNB Grootfontein het elk een van die vriendskaplike wedstryde op hul tuisveld gewen en mik om die uitklopfase te haal.
Die noordespan sal sonder sy voorryman Pieter du Plessis wees vanweë die geboorte van sy seun, maar is gereeds vir sy volgende avontuur om die gevestigde spanne in die premierliga behoorlik skrik te maak.
FNB Grootfontein: 15 Ronald Deck, 14 Buruxa Geiseb, 13 Louis Grobbelaar, 12 Braam Alberts, 11 Ian Malan, 10 Siegfried Potgieter, 9 Jan-Harm Cronje, 8 Pieter-Daan Kok, 7 Wikus Jacobs (kaptein), 6 Jonathan Strijbis, 5 Meraere Kaapama, 4 Johan Luttig, 3 Andre Rademeyer, 2 Ben Brockman, 1 Amutenya Amutenya.
Reserwes: Theo Bekker, Hans Ngoshi, Dirk Smit, Willem Enslin, Jay-Jay Liebenberg, Irongwa Atshivudhi.
Trustco United: 15 Michael Hummel, 14 Darryl Vries , 13 Henry Kandjou (k), 12 Handre Bezuidenhout, 11 Nazume Swartz, 10 Hanreco van Zyl, 9 Riaan van Zyl, 8 Naudé Neethling, 7 Arno de Klerk, 6 Ryan Garoeb, 5 Jonathan Goliath, 4 Thomas van der Westhuizen, 3 Gerhard Opperman, 2 Regardt de Meyer , 1 Jan Burger.
Reserwes: Kamaa Kajau, Eliakim Shikwambi, Chris Swanepoel, Venoumba Kanguatjivi, Felix Humphries, Vernon Hazam, Keanen Titus.
• Op ons webblad www.fnbrugby.my.na kan die tellings, wedstrydbepalings, puntestand en nuusberigte alles op een plek verkry word.
ONDER 20's KRY OPDRAAND
Die Namibiese o.20-span is tans in 'n oefenkamp ter voorbereiding op hul toer na Nairobi, Kenia, in Juniemaand.
Afrigter Jood Opperman se jongspan het Woensdagaand 'n vriendskaplike wedstryd teen FNB Wanderers gespeel, wat nie môre 'n ligaverpligting het nie. Die Wit Hingste het met 17-7 gewen nadat geen punte in die eerste helfte behaal is nie.
Opperman sê hy is tevrede met die tye waarin sy uitsoek-agttal op die veld was. Hulle is geweg teen 'n Wanderers-pak wat met die gewig van manne soos Nian Berg, Ignus Tripodi, Denzil van Wyk en Driaan Vorster (almal met vorige blootstelling op senior provinsiale vlak) gelaai was.
Dit was 'n eerste bekendstelling vir Tiaan de Klerk, wat ná 'n besering onder die o.20-slotte nadergeroep en vir die kamp vrygestel is deur die Blou Bulle waar hy gekontrakteer is. Die lenige jongman van by die twee meter is die jongboet van Riaan de Klerk, die Walvisbaai-produk wat vir die Cravenweek- en o.20-span op agtsteman gespeel het.
Die Hingste se senter Bredell Wessels het die eerste drie ná 55 minute gedruk, maar is kort daarna af toe hy 'n dyspier verrek het. Ironies genoeg het hy juis op volle vaart deur die lyn gebreek in 'n belowende beweging, maar die fluitjie vir 'n vorentoe aangee en sy briek trap met die besering het feitlik gelyktydig gekom.
Vir Wanderers se tweede drie het 'n aanvallende lynstaan-ingooi oor die springer geseil, maar aan die agterpunt het die stut Ignus Tripodi raakgevat en met 'n dryflopie die momentum vorentoe gegee vir slot Denzil van Wyk om bo-oor 'n opponent die doellyn te haal.
Jan Wessel Meyer (losskakel), wat die drie verdoel het, was kort daarna die skepper vir die derde drie met 'n skoon breekslag, waarna hy die heelagter Jason Olivier in die hoek deurgestuur het.
Net voor die einde het die o.20's se agtsteman en kaptein, Riaan Grové, bo-oor 'n losskrum op Wanderers se doellyn geduik vir 'n drie wat skrumskakel Oela Blaauw verdoel het.
Die o.20's speel môre 10:00 teen FNB Rehoboth Rugbyklub in die Hage Geingob-stadion.
– [email protected]
FOTO’s
Sunday Haitembu, FNB Unam se skrumskakel, het twee naweke gelede twee drieë gedruk om die hardnekkige FNB Grootfontein onder te kry. Foto Ryno Visagie
Tiaan de Klerk, byvoeging van die o.20’s wat vanaf die Blou Bulle aangesluit het, breek weg teen FNB Wanderers, met Riaan Grové agter hom. Foto Andrew Poolman

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie