Selma by Mej. Heelal
Mej. Namibië 2018, Selma Kamanya, het in Thailand aangekom waar sy haar land by die Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig wat op 17 Desember plaasvind. Haar nasionale kostuum is deur die plaaslike ontwerper, Cobus Moller, geskep met Namibië se diamante wat as inspirasie gedien het. Die nasionale geskenk wat deur Jack de Toit van Morse Investments ontwerp is, is ’n silwer hangertjie met Ekipa, ’n groen toermalyn en diamante. Dit sal tydens ’n galadinee in Bangkok ten bate van ’n liefdadigheidsorganisasie opgeveil word. Die materiaal daarvoor is deur André Haccou van Windhoek City Jewellers verskaf. Foto Verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie