Sendeling se lyk nog soek
’n Amerikaanse sendeling se raaiselagtige verdwyning laat owerhede steeds kopkrap.
John Allen Chau (26) het glo verlede Vrydag gesterf nadat hy met ’n pyl en boog geskiet is. Hy wou die Noord-Sentinel-eilande, wat deel van die Andaman- en Nicobar-eilande is, besoek. Dié eilande word deur die Sentilese stam bewoon en geen mense van buite word sonder toestemming toegelaat nie.
Chau beskryf in sy dagboek hoe hy menige kere met die stam probeer kontak maak het. Hy het geskenke, vis en ’n sokkerbal aangebied.
“Ek het gehoor hoe die mense skree, maar ek het seker gemaak dat ek buite trefafstand bly. Ongelukkig het dit ook beteken dat ek nie baie goed kon hoor nie,” lui ’n inskrywing uit sy dagboek.
Chau sê verder terwyl hy probeer het om nader aan die eiland te gaan het sowat ses mense hom uitgelag en vir hom geskree.
“Ek het geskree my naam is John, dat ek vir hulle lief is en Jesus ook. Ek het angstig geraak toe ek sien hulle kry hul pyle en boë gereed. Ek het die visse opgetel en na hulle kant toe gegooi, maar hulle het steeds in my rigting gekom.”
TELEURGESTELD
Chau was teleurgesteld omdat hulle hom nie dadelik aanvaar het nie.
The Gaurdian berig Chau het die volgende dag weer probeer om na die stam uit te reik. “Julle dink seker ek is van my sinne beroof, maar ek dink tog dit is die moeite werd om Jesus aan die mense bekend te stel,” het hy in sy dagboek aan sy ouers geskryf.
Chau het gevra sy ouers moenie God of die stam blameer as iets met hom gebeur nie.
Die New York Times berig die Indiese polisie wat die saak verder ondersoek, het ’n groep stamlede met pyle en boë op die strand gesien. Dit het glo gelyk asof hulle “iets beskerm”.
“Die stam was op hul hoede,” het Dependra Patha, die polisiehoof, Saterdag aan die koerant gesê. “Hulle het die strand gepatrolleer met wapens op dieselfde plek waar John doodgemaak is.”
Chau se lyk is nog nie gevind nie en pogings om dit op te spoor was tevergeefs. Antropoloë meen dit gaan onmoontlik wees.
Volgens Indiese wetgewing is Noord-Sentinel se kultuur so kosbaar en uniek dat sy mense in algehele isolasie bly – niemand word daar toegelaat nie.
Volgens wetgewing moet moordenaars wel gestraf word, ’n probleem waarmee die polisie nou te kampe het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie