Senegal 'n berg wat geklim moet word

Malawi is bygevoeg as die Namibiërs se ekstra wedstryd in groep B.
NAMPA
Die Tafel Lager Brave Warriors se groot openingswedstryd by die 2021 Cosafabeker-sokkertoernooi teen die mees gedugte span in Afrika, Senegal, is met 'n dag vervroeg en word vanmiddag gespeel, in die veranderde wedstrydskedule.

Die laat onttrekking van Madagaskar het die formaat van die kompetisie in Nelson Mandelabaai (nou Gqeberha) verander, wat nou in twee groepe van vyf spanne elk beslis sal word.

Madagaskar kon nie hul reis verseker nie, vir die toernooi wat gister afgeskop het en tot 18 Julie duur. Dit was die tweede onttrekking nadat die Comore-eilande ook nie sy span kon stuur nie, wat in die oorspronklike groep B met vir Zambië en Malawi gelaat het.

Die oorspronklike formaat van 'n kompetisie met drie groepe is dus vereenvoudig tot twee groepe, van waar die twee beste lande in elke groep tot die halfeindronde deurdring.

In die nuut veranderde formaat speel elke span dus nou minstens vier groepwedstryde, pleks van net drie elk toe hulle nog in drie groepe verdeel was. Elke Cosafa-lidland se afrigter sal hierdie geleentheid waar­skynlik verwelkom.

Die organiseerders het dus 'n nuwe loting gedoen, bygewoon deur verteenwoordigers van die tien oorblywende spanne en die plaaslike reëlingskomitee, om Zambië en Malawi by die bestaande groepe A of B by te voeg.

Tydens die loting het die verdedigende kampioenspan Zambië in groep A beland saam met die gasheer Suid-Afrika, Botswana, Lesotho en Eswatini.

Dit beteken dat Malawi in die “nuwe” groep B is, wat ook die spesiaal genooide Wes-Afrika-span Senegal, Zimbabwe, Namibië en Mosambiek bevat.

Die aanvangswedstryd in die ou groep C word nou vandag gespeel, naamlik Mosambiek teen Zimbabwe om 12:00, gevolg deur die Namibiërs se bulstryd teen Senegal om 15:00.

Die Namibiërs se veranderde wedstrydbepalings:

VANDAG: teen Senegal (15:00)

SONDAG 11 Julie: teen Zimbabwe (14:00).

DINSDAG 13 Julie: teen Malawi (12:00)

WOENSDAG 14 Julie: teen Mosambiek (12:00)

Afrigter Bobby Samaria en sy Namibiese span bly positief ingestel om hul beste voet voor te sit en die land se eer te verdedig – selfs in die afwesigheid van twee van die land se mees hoëprofielspelers in Peter Shalulile en Deon Hotto.

Dié twee sterre word herstelkans gebied ná hul hoë werklas tydens die afgelope Suid-Afrikaanse premierliga-seisoen waarin beide uitsonderlik vir onderskeidelik Mamelodi Sundowns en Orlando Pirates presteer het.

Samaria het aan die nuusagentskap Nampa gesê terwyl dit geen geheim is dat die Covid-19-verbod op kontaksport in Namibië sake vir hul voorbereiding bemoeilik nie, het hulle die oefentyd in Suid-Afrika behoorlik benut.

“Ons het laasweek Maandag begin voorberei en dinge verloop vlot.

“Ons twee vriendskaplike wedstryde (beide gelykop, met 0-0 teen Lesotho en 1-1 teen Botswana) is gebruik om ons taktiese benadering teen Senegal in te oefen.”

Die afrigter is deeglik bewus van die moeilike taak wat in die groep voorlê, maar sê die doelwit bly onveranderd om vir die uitklopfase te kwalifiseer.

“Senegal is 'n groot berg voor ons, maar berge is daar om geklim te word en ons sal vir seker ons alles gee.

“Ons organisering op die verdediging en ons besluitneming op die groot oomblikke sal akkuraat moet wees.”



VYF RESERWES BRUIKBAAR

Nog 'n reëlwysiging wat die reëlingskomitee aangekondig het, is dat elke span vyf plaasvervangers in 'n wed­stryd mag gebruik, hoewel elke span by hoogstens drie geleenthede in die wedstryd plaasvervangings mag doen. Dié reël is in pas met die Fifa- en CAF-riglyne wat tot einde 2022 van krag bly.



ZIMBABWE SONDER AFRIGTER

Zimbabwe – mees suksesvolle land in Cosafa-toernooie, met ses titels sover – het die verleentheid op die lyf geloop dat sy hoofafrigter toegang tot Suid-Afrika geweier is.

Zdravko Logarusic, 'n Kroaat, het op OR Tambo-lughawe aangekom sonder 'n visum wat van alle Kroatiese burgers vereis word en waarvoor reeds voor aankoms aansoek gedoen moet word.

Die Zimbabwiese Sokkervereniging sê reisagentskappe in Zimbabwe het hulle vooraf verseker dat solank hy oor 'n geldige werkpermit in Zimbabwe beskik, sal Logarusic wel in Suid-Afrika toegelaat word.

“Ons was geskok om by ons aankoms deur immigrasiebeamptes ingelig te word dat slegs diplomate vrygestel is van Suid-Afrika se visumvereiste vir Kroate.”

Die Zimbabwiese Warriors het hul reis ook aangepak sonder hulpafrigter Lloyd Chitembwe – 'n oudspeler van Hellenic en Black Leopards – wat twee dekades nadat hy laas in die land sokker gespeel het steeds op 'n swartlys toegang tot Suid-Afrika geweier word.– Cosafa.com, Nampa, Kick Off

Kommentaar

Republikein 2024-09-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.24/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.24/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067