Senegalese frons oor president se beloftes
Die Wes-Afrikaanse land word al lank gesien as die streek se mees stabiele demokrasie met die verwisseling van mag in vrede sedert onafhanklikwording in 1960.
Die Senegalese pres. Macky Sall se span sê hy is herverkies tydens die eerste ronde verkiesings Sondag in dié land, maar die opposisie sê 'n tweede verkiesingsronde is nodig.
Sall is die gunsteling om te wen nadat hy ekonomiese groei 'n hupstoot gegee het in sy eerste termyn. Hy moet 'n meerderheid stemme kry om 'n tweede ronde by die stembus te voorkom.
Die Wes-Afrikaanse land word al lank gesien as die streek se mees stabiele demokrasie met die verwisseling van mag in vrede sedert onafhanklikwording in 1960.
Sall word deur menseregtegroepe daarvan beskuldig dat hy opposisie uitskuif.
Mahammed Dionne, die eerste minister en 'n aanstelling van Sall, het gesê die eerste uitslae dui daarop dat Sall 13 van die 14 stemgebiede gewen het en 57% van die stemme gekry het.
Dionne het aan joernaliste gesê die president moet geluk gewens word met sy herverkiesing in die eerste ronde.
Vroeër het verklarings van die hoofopponente, Ousmane Sonko, 'n gewese belastinginspekteur wat gewild is onder die jeug, en Idrissa Seck, 'n voormalige eerste minister, gelui dat 'n tweede ronde verkiesings nodig is.
“Ons sal nie die uitgaande president toelaat om die wil van die mense te onderdruk nie,” het die twee op 'n nuuskonferensie gesê.
AMPTELIKE RESULTATE
Die amptelike resultaat word teen Vrydag op die laaste verwag.
Sall (57) het guns gewen met 'n ambisieuse hervorming- en infrastruktuurprogram wat Senegal se klein visuitvoer-ekonomie met 6% laat groei het, een van die hoogste groeikoerse in Afrika.
Hy het ook beter gesondheidsorg en beter onderwys beloof.
Adama Sakho (81), 'n pensioentrekker wat in stad Fatick gestem het, sê hy glo Sall sal die eerste ronde wen en het sy sosiale uitgawebeleid geprys.
“Ek is afgetree, en nou kry ek dieselfde bedrag geld in een maand wat ek gewoonlik in drie maande gemaak het,” het hy gesê.
Peilings voor die verkiesing was verbode, maar 'n Senegalese datamaatskappy het in November gesê Sall het 45% van die stemme terwyl nie een van die opposisie-kandidate meer as 16% steun het nie.
Daar is kritiek van Senegalese wat reken 'n hoëspoedtrein, nuwe snelweë en 'n spoggerige konferensiesentrum wat Sall belowe gaan nie juis die gewone kieser help nie.
Senegal is 'n voormalige Franse kolonie met 15 miljoen inwoners. Die gemiddelde inkomste is minder as R2 700 per maand.
Baie mense het nie betroubare water- of kragvoorsiening nie.
Twee kandidate is verbied om aan die verkiesing deel te neem. Khalifa Sall, oudburgemeester van Dakar, en Karim Wade, seun van die voormalige president, Abdoulaye Wade, is verbied weens skuldigbevindings aan korrupsie. Oudpres. Wade het gesê die verkiesing is bekonkel en sy seun se ondersteuners moet dit boikot.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie