Seëninge uit die hemele
Laat Maandag het minstens in Windhoek en aan die kus van die nuwe reënseisoen se eerste langer en deurdringende buie uitgesak.
Die jubel hieroor is landwyd tasbaar.
En hoewel dit onseker is wat die res van die seisoen inhou, is die dankbaarheid midde ''n uitmergelende droogte groot.
Almal weet droogtes, en veral die ergste een in dekades, word nie sommer in ''n kits gebreek nie. Uitkoms is veral in die mees geteisterde gebiede noodsaaklik, asook neerslae in damme se opvangsgebiede – en selfs dan gaan streng waterbesparingsmaatreëls vir baie dele van die land nog vir lank ons voorland bly.
''n Strawwe periode van herstel wag op die landbou as een van Namibië se steunpilaarbedrywe, maar as land is ons verenig in optimisme dat op die maer jare weer meer geseënde jare sal volg.
Intussen het boere op ''n ander belangrike front ook ''n bloedneus ontvang deurdat die betwiste waardasierol vir kommersiële landbougrond van krag bly. Hierdie jarelange twis sal volgens die Namibië Landbou-unie (NLU) hopelik deur verdere gesprek met die regering opgelos kan word.
Die kern van boere se argument is dat waardes waarop hulle vir belasting aangeslaan word billik, regverdig en bekostigbaar moet wees. Boere word bykomende geld uit die sak gejaag omdat hulle in ''n hof moet bewys dat feite wat in ag geneem was van werklikhede verskil.
Gesonde gesprek is oor die kwessie nodig, sodat soortgelyke probleme nie met toekomstige waardasies herhaal word nie.
Om enige bedryf vir meer te melk as waartoe dit in staat is, kan ''n hele ekonomie benadeel.
So sê ander
22 November 2016
Die knouers van Bok-rugby
Springbok-rugby beleef sy ergste krisis in sy bestaan.
Allister Coetzee het self geweet om die leisels as afrigter oor te neem gaan ''n groot uitdaging wees ná die eerste loesing teen Japan, maar min mense het die ramp voorsien wat die span nog sou tref.
SA rugby se probleme is kompleks. Die groot teleurstelling is dat Coetzee meer konserwatief as Meyer is en meestal self te blameer is vir die massiewe gat waarin die span hom bevind. Die ergste is dat hy dit glad nie kan insien nie. Net daar lê die eerste knoop wat eers ontrafel moet word. Die gebrek aan leierskap en vermoë om ''n beroepsport te bestuur in Saru is die fondament van hierdie tragedie. Die regte mense met die regte visie, strategie en leierskap is nodig om Springbok-rugby te red. Dat Saru hieroor moet besluit en Coetzee steeds dink sy plan kan werk, wys hoe diep in die knyp ons is.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie