Senior titels vir Deon, Juliana
Tennis
Die Namibiese Tennisvereniging (NTA) het laas naweek sy Bank Windhoek senior meesterstoernooi op Swakopmund aangebied waar die land se voorste agt mans en vroue op ''n rondomtaliegrondslag teen mekaar gespeel het.
Die deelnemende spelers was nie net op meriete gekies nie, maar het ook dié seisoen aan verskeie toernooie deelgeneem waar hulle ranglyspunte versamel het. Volgens Kallie Heese, voorsitter van die NTA, was die spelers met die eerste afslaan om 17:00 almal geesdriftig om die aksie aan die gang te kry.
Een van die opskuddings van die naweek was toe die eerste gekeurde Amanda van Dyk nie tot die finaal deurgedring het nie. Sy kon net een van haar drie wedstryde (teen Beverly von Luttichau, met 6-1, 6-0) wen. Van Dyk bly ná al die jare ''n gerespekteerde speler en ''n inspirasie vir ander spelers.
Juliana Schuckmann het al haar wedstryde gewen en in die finaal teen Jessica Riedel te staan gekom, waar sy ná ''n moeilike tweestryd met 6-2, 6-7, 6-1 geseëvier het.
''n Hoogtepunt was toe die 15-jarige Risto Shikongo die eerste gekeurde 18-jarige Dantago Gawanab in ''n opwindende tweestryd met 6-2, 7-5 geklop het.
Shikongo het hierna net ''n uur gehad om asem te skep voordat hy teen Deon van Dyk, een van Namibië se Davisbeker veterane, in die semifinaal te staan gekom het. Ondanks Shikongo se tamheid het hy ''n brawe vertoning gelewer om eers in die beslissende derde stel met 6-2, 6-7, 6-1 die knie teen Van Dyk te buig.
Sondagoggend het SP van Wyk en Van Dyk mekaar in die eindstryd getakel, waar Van Dyk met 6-2, 6-1 as die oorwinnaar van die baan gestap het.
Van Wyk, ''n Windhoeker, sê hy het aanvanklik met die toestande op seevlak gesukkel, maar het sommer gedurende sy eerste kragmeting daaraan gewoond geraak om al sy wedstryde te wen en tot die finaal deur te dring.
Heese het met die prysuitdeling Bank Windhoek vir sy voortgesette steun bedank en gesê hy is ingenome met die juniors se vertonings by senior kompetisies.
“Die juniors wat nou na vore tree, is stadig maar seker om voormalige kampioene te vervang,” het Heese gesê.
Die volgende senior toernooi is die Bank Windhoek Kustoernooi wees wat vanaf 16 tot 18 Desember in Swakopmund aangebied sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie