Sensei Carl nou in die topvlakke
Sensei Carl nou in die topvlakke

Sensei Carl nou in die topvlakke

Karate
Andrew Poolman
Okinawan Goju-Ryu Karate Namibië is baie trots dat dié styl se nasionale hoof in Namibië, Sensei Carl van der Merwe, so pas die baie senior gradering van sewende Dan in Naha, Okinawa in Japan verwerf het.
Die sewende Dan is die sewende vlak (uit tien) van swartgordels in die graderingstelsel.
Sensei Carl het sy graderingstoets suksesvol afgelê voor ’n paneel waarvan Higaonna Morio Sensei (10de graad swartgordel) en Sensei Bakkies Laubscher (9de vlak swartgordel) aan die hoof gestaan het. Hierdie twee grootmeesters van die sport het ’n gekombineerde 120 jaar van karate-ondervinding tussen die twee van hulle.
Swartgordels in Okinawan Goju-Ryu Karate word nie maklik verwerf nie. Die graderingstelsel het byvoorbeeld ’n minimum wagperiode van ses jaar tussen die vyfde en sesde vlak van swartgordel.
In die tydperk tussen ’n individu se swartgordelgraderings is die bywoning van ’n sekere getal karate-seminare verpligtend om tegniese vaardighede op te skerp.
’n Kandidaat se bydrae word geëvalueer om karate nie net in kompetisie nie, maar op alle vlakke te bevorder en te ontwikkel, asook die verantwoordelikheid wat aanvaar word vir sy/haar studente en die reëling van die sport se sake in sy/haar omgewing.
Sensei Carl het laas in 2008 gegradeer en moes daarna minstens sewe jaar wag voordat hy genooi kon word om ’n verdere graderingstoets af te lê.
Okinawan Goju-Ryu Karate is geaffilieer by die IOGKF (Internasionale Okinawan Goju-Ryu Karatefederasie) wat lede in 53 lande wêreldwyd het.
Sensei Carl is nou in die top-40 seniors van die IOGKF ter wêreld. Dit is inderdaad ’n baie spesiale oomblik vir Okinawan Goju-Ryu Karate Namibië en vir die sport in Namibië in sy geheel.
Die graderingstoets is aangebied by die sewende Wêreld Budosai, ’n baie aansienryke internasionale karate-seminaar wat elke vier jaar in Naha City, Okinawa in Japan gehou word. Benewens Sensei Carl van der Merwe is Namibië ook deur Senseis Stefan van der Merwe, Rowan Carstens en Shaun Fobian verteenwoordig.
Die altesame 1 100 deelnemers van 41 lande het dié weeklange karatebyeenkoms die grootste een gemaak wat nóg in Okinawa aangebied is.
Namibië kan inderdaad trots wees om by so ’n internasionale byeenkoms verteenwoordig te wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!