Sentraal hou 'n geslaagde skou van saalperde
Perdesport
Die Namibiese Saalperdvereniging se Sentraalstreek het vandeesmaand sy eerste streekskou vir die jaar aangebied. Twee heerlike koeler dae met net 'n ligte windjie het vir aangename weersomstandighede tydens die kompetisie gesorg.
Saam met die Amerikaanse saalperde is verskeie ander rasse ten toon gestel en AWESHA (African Western Stock Horse Association) het ook die geleentheid gebruik om hul perde uit te stal.
Die beheerliggaam van “saddle seat” ruiterkuns, ESSANA (Equestrian Saddle Seat Association of Namibia) het ook ruiterkunsklasse aangebied vir ruiters om te kwalifiseer vir die nasionale ruiterkunsproewe wat vroeg in 2020 sal plaasvind. 'n Namibiese span sal dan verkies word vir deelname aan die Wêreldbekerbyeenkoms in Suid-Afrika tydens Julie 2020.
Mnr. Willie Buys, 'n senior beoordelaar van Vredenburg in Suid-Afrika, was verras en beïndruk met die gehalte van plaaslike perde, asook met die versorging en tentoonstelling.
Die wenners van die kampioenskap was soos volg:
Grootkampioen driegang kinderparkperd: Bianca Moller met Noble French Warrior (eiendom van Elra Tolkin-Bering).
Grootkampioen driegang kinderryperd: Zonnika Cilliers met Vissershof Dark Emperor (eiendom van Zonnika Cilliers).
Grootkampioen vyfgang kinderryperd: Bianca Moller met Saai Crocodile Toy (eiendom van Bianca Moller).
Grootkampioen driegang ryperd: Elmarie Cilliers met Busco Head of State (eiendom van Elmarie Cilliers).
Grootkampioen vyfgang ryperd: Scharné van Zyl met Rimini Plofstof (eiendom van Scharné van Zyl).
Die reëlingskomitee bedank alle beamptes en vertoners vir hul deelname en bydrae tot die sukses van die skou en wens elkeen geluk met hul vertonings en prestasies.
'n Spesiale woord van dank aan Distell Namibia, Irike Horse Tack Services, Koep & Partners, Lifestyle Pharmacy, Namibbeton, WesBank, Andrea Williams, Tienie Gous, Annegret Urban en Elmarie Cilliers vir hul bydrae as borge van hierdie skou. Sonder borge kan 'n skou nie aangebied word nie. Alle bydraes maak 'n verskil en word opreg waardeer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie