Sentraal net vir 'ernstige' Covid-19-gevalle
Uit die 24 vermoedelike gevalle wat vir Covid-19 getoets is, was steeds net twee positief.
Henriette Lamprecht – In Windhoek gaan 32 beddens beskikbaar wees om Covid-19-gevalle te isoleer en te monitor.
Die beddens sluit 24 by die mobiele veldhospitaal by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako en ‘n bykomende agt beddens in wanneer die Robert Mugabe-kliniek ook omskep word om pasiënte te behandel.
Die veldhospitaal is verlede maand deur die ministerie van verdediging by die lughawe opgerig en beskik oor 20 kamers.
Dit het ‘n saal met 18 beddens, ‘n intensiewesorgeenheid met twee beddens, asook ‘n ongevalle department met vier beddens. Dit het ook ‘n isolasie-eenheid.
Die veldhospitaal word deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), die sentrum vir siektebeheer- en voorkoming (CDC), die ministerie van verdediging en volgens riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) ondersteun.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula sal die isolasie-eenheid by die Windhoek Sentrale Hospitaal net vir ernstige gevalle gebruik word.
Shangula het gister tydens ‘n mediakonferensie in die hoofstad bevestig uit die 24 vermoedelike gevalle wat vir die siekte getoets is, het steeds net twee positief vir Covid-19 getoets.
Laasgenoemde is die Roemeense egpaar wat vanuit Madrid, Spanje via Doha en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako Namibië binnegekom het.
Volgens Shangula het die Roemeense egpaar 25 kontakte gehad, waarvan 19 reeds aktief nagespoor is. Gepaste maatreëls is geneem, wat isolasie en monitering insluit.
Geen van die 19 gevalle het positief vir die siekte getoets nie. Tot op hede is geen sekondêre oordrag waargeneem nie, het hy gesê.
Uit die 24 weefselmonsters wat getoets is, was vier by ‘n private laboratorium getoets en 20 by die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP).
Shangula het verwys na die noodtoestand wat deur president Hage Geingob verklaar is en gesê dit vereis bykomende maatreëls om Namibië se reaksie teen die siekte te verskerp.
Dit sluit ‘n multi-dissiplinêre noodreaksiespan in wat 24 uur per dag op gereedheidsgrondslag is om vermoedelike en bevestigde gevalle van Covid-19 te hanteer.
‘n Gevallebestuurder vir Covid-19 is ook twee weke gelede aangestel wat verantwoordelik is vir die koördinering van alle aspekte van die optrede teen die siekte.
Shangula het weer verwys na wat hy noem die “onvanpaste” gebruik van maskers en handskoene.
“Daar is tans ‘n tekort aan handskoene en maskers as gevolg van paniekaankope deur die publiek. Lede van die publiek stap ook met dit rond. Die doel van ‘n masker is om ander van jou te beskerm en nie om jou teen hulle te beskerm nie. Om handskoene in die openbaar te dra, beskerm jou teen niks en gee aan jou ‘n vals gevoel van sekuriteit,” het hy beklemtoon.
Volgens Shangula is die belangrikste om te verstaan hoe die virus oorgedra word van ‘n geïnfekteerde persoon na ‘n ander en om voorsorgmaatreëls teen dit te tref.
Die ministerie se uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, het op sy beurt gesê die ministerie se webtuiste gaan opgradeer word om die jongste inligting oor Covid-19 te dra. Sosiale media soos Facebook gaan ook ingespan word om die regte inligting aan lede van die publiek uit te dra. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie