Sentrale Aankoperaad in hoërhof ingehuldig

Augetto Graig
Die nuwe Sentrale Aankoperaad is gister amptelik deur regterpresident Petrus Damaseb in die hoërhof ingehuldig.

Die voorsitter van die nuwe raad, mnr. Patrick Swartz, het die eed voor regterpresident Damaseb afgelê, terwyl die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, en hoofregter Peter Shivute ook teenwoordig was.

Die res van die raadslede, wat nou die ou tenderraad vervang, het daarna gevolg. Hulle sluit in mee. Lischen Ramakutla (ondervoorsitter), Maria Mansueta-Nakale, Maria Iyambo, mnr. Hendrik Cronje Loftie-Eaton, me. Hilja Nandago-Herman, asook mnre. Titus Ndove, Epaphras Pendapala Shilongo en Jerry Mwadinohamba.

By die geleentheid het minister Schlettwein gesê die nuwe wet vereis die inhuldiging en daarmee betree Namibië 'n nuwe era wat openbare verkryging betref.

Openbare aankope verteenwoordig 'n betekenisvolle deel van regeringsuitgawes.

Die nuwe raad sal moet verseker dat besteding tot voordeel van die land is.

Ná afloop van die seremonie het Swartz gesê baie werk is reeds die afgelope maand gedoen om te verseker dat die raad onmiddellik met sy taak kan voortgaan.

Nuwe tenders vir verkryging deur staatsondernemings moet deur die wetlike proses gaan, maar aankope waarvan die proses reeds aan die gang is, sal ook nou deur die raad ondersoek word.

Swartz sê dis 'n miskonsepsie dat die nuwe raad verkryging deur die regering vertraag.

“Dit is nie ons wat die proses vertraag nie,” het hy gesê.

Hy het ook na die wet verwys wat perke stel en heelwat ruimte aan staatsondernemings gee om hul verkryging self te bestuur.

Slegs wanneer die betrokke bedrae die voorgeskrewe perk oorskry, moet dit eers deur die Sentrale Aankoperaad goedgekeur word.

Swartz het ook genoem dat die raad nie die verkrygingsproses begin nie, maar dat dit van die betrokke onderneming afhang.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!