Sentrale kus nie met maan gepla
Sentrale kus nie met maan gepla

Sentrale kus nie met maan gepla

Des Erasmus
Des Erasmus - Die Namibiese kus gaan waarskynlik die stormtoestande vryspring wat internasionaal verwag word met ‘n boepiesmaan wat die naaste in 69 jaar aan die aarde is.

Teen Vrydag behoort die stormgevaar oor te waai, maar volgens die weerkaart vir die Namibiese kusgebied behoort die effense rowwe toestande van die springgety dan al kalmer te wees.

Die seewaterstyging tussen laag- en hoogwater vir Maandag en gister was onderskeidelik 2,8 meter en 2,7 meter. Dit is taamlike rowwe water, maar nie stormtoestande nie. Teen Saterdag behoort die styging af te plat na ‘n gunstige 1,9 meter.

Wat wel gebeur het, is dat opvolgbranders binne 15 sekondes ná mekaar ingekom het. Dit is aansienlik vinniger as gewoonlik.

Mnr. Naudé Dreyer sê die water is suid van Walvisbaai ‘n bietjie hoog, maar nie stormsterkte nie. Die hoër water het wel van die soutpanne volgestoot, maar ook dit is ‘n normale verskynsel. Noord- en noordwestewinde van die voorafgaande dae het wel taamlike koue toestande na die gebied suid van Walvisbaai gebring.

Skiboothengelaars verwelkom die toestande, in die volksmond bekend as noordweer. Die snoekseisoen het vanjaar in September vroeg en goed begin, maar toe vinnig afgeplat met die snoek wat nou skaars is. Groot skole snoek word wel deur vissers op kommersiële bote langs die verre noordkus aangetref. Wanneer die noordewind waai, laat dit die snoekskole suidwaarts beweeg en kan dit beter vangste vir skiboothengelaars meebring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!