Sentrum fokus op lewer, spysvertering
Henriette Lamprecht – ‘n Sentrum met omvattende dienste en geriewe vir pasiënte met lewer- en spysverteringsiektes het in Windhoek geopen.
Aan die hoof van die sentrum staan dr. Barbara Scholz, wat buiten konsultasies en diagnoses ook verwysings na chirurge behartig.
Ook by die sentrum betrokke is sr. Laura Obbes van Stomal Therapy Services, sr. Corne van der Merwe, wat op gevorderde sorg vir wonde asook diabetes-onderrig fokus, die dieetkundige me. Annalien Turner en fisioterapeute.
Die opening is deur die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), mnr. Ben Nangombe, verskeie medici uit die openbare en private sektor, studente verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam) asook lede van die nuutgestigte Namibië Gastroënterologievereniging bygewoon.
Uit Suid-Afrika was prof. Mark Sonderup, hoof van die hepatologie-afdeling aan die Universiteit Kaapstad en Groote Schuur, en prof. Ed Jonas, hoof van die eenheid vir chirurgiese gastroënterologie aan die Universiteit Kaapstad en die Groote Schuur-hospitaal, ook onder die uitgelese groep gaste.
Die sentrum is op die hoek van Omaruru- en gen. Murtala Muhammedweg geleë. Vir meer inligting, kontak die praktykbestuurder, me. Jurita van Wyk, by (061) 400-271.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie