Sentrum van hoop vir kinders

Helpende hand vir leerlinge wat nie genoeg geld het om verder te studeer nie.
Gerine Hoff
Tanja Bause

Die Tabita Sentrum van Hoop in die informele woongebied Etoshapoort op Outjo, lewer ’n waardevolle diens aan kwesbare kinders sodat hulle hul skoolloopbane kan voltooi en verder kan studeer.
Die doel is dat hulle uiteindelik volwaardige lede van die gemeenskap moet word.
Me. Wilma Schoeman, ’n sendeling vir die groep Kunene vir Christus, het die sentrum met die hulp van borge laat bou om kwesbare kinders te identifiseer en om hulle met opleiding te help. Die organisasie werk ook met straatkinders en probeer om hulle weer in skole te plaas.
Die sentrum beskik oor ’n kleuter­skool met vier klasse waar bykans ’n 100 kinders deur vier onderwysers onderrig word. Die kinders besoek die klasse vanaf 08:00 tot 12:00 van Maandag tot Vrydag.
Die sentrum, nou maar twee jaar oud, is egter nie net daar om kinders te help nie.
Vanuit dié sentrum versprei die Rooikruisvereniging medisyne aan die gemeenskap, klere word aan die mees kwesbare lede in die gemeenskap uitgedeel en die “kinderklub” kom een keer per week hier byeen vir traumaberading en ­karaktervorming.
Die kinders in die kinderklub kom van die vyf skole van die omgewing. Die lede besluit self watter ander kinders by die klub mag aansluit en wat die klub nodig het. Daarna word die nuwe lede deur die kinders genooi om aan te sluit.
Die Tabita Sentrum van Hoop is moontlik gemaak met die ondersteuning van Nexus, Connected to Namibia en die munisipaliteit van Outjo.
Schoeman was vanaf 1978 tot 1996 in Kaokoland vir Kunene vir Christus werksaam waarna sy na Outjo verhuis het om daar onder die gemeenskap te begin werk.
“Kunene vir Christus werk holisties. Ons help leerlinge wat nie die geldelike stabiliteit het om verder te kan studeer nie.
Ons help om jong mense van die grond af op te tel en vir hul toekoms voor te berei,” het Schoeman gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!