Seënvragte vol voer vir 650 boere
In gesprek met Henriëtte le Grange
Ronelle Rademeyer - Sy is ’n voorvatter én ’n raakvatter. Sy is ’n ystervrou met ’n hart van goud. Sy was die wolk met die spreekwoordelike silwer randjie in ’n jaar waarin boere deur die droogte planke toe geslaan is.
Sy is Henriëtte le Grange (58), die dryfkrag agter die Droogtehulp-inisiatief van die Facebook-groep Namibië Boere.
Die Boer het met haar gesels.
Vertel ons meer van jouself.
Ek is 58 jaar gelede op Tsumeb gebore. My nooiensvan was Gerber en ons het kleintyd op die plaas Amor naby die Waterberg geboer. My pa Kobus is vroeg oorlede en my ma, Hanna Smith, het toe weer met Sigi Mohrmann getroud. Hy het ons soos sy eie kinders grootgemaak.
Ek is getroud met Lourens le Grange en het drie kinders, waarvan twee reeds getroud is. En ek is die ouma van twee kleinkinders! Juanru sal op 8 Januarie twee jaar oud wees en Cornelius was op 18 Oktober 1 jaar oud.
Ek is lief vir lees, hou van foto’s neem en werk graag in die krale. Ek is lief vir ons boerdery en spandeer graag tyd buite. As daar tyd is, maak ek my eie badskrop.
Julle boer deesdae op twee plekke; julle plaas Keizen by Summerdown en dan ook op ’n beproeiingsplaas by Mashare, oos van Rundu.
Op Keizen boer ons met ‘n Braunvieh- en Suid Afrikaanse Boerperdstoet, en dan het ons onlangs met skape en bokke begin boer Verder maak ons ook houtskool.
By Mashare teenaan die Kavango is ons betrokke by ‘n besproeiingsprojek van ongeveer 365 hektaar. Hier plant ons mielies, koring, hawer en aartappels en word daar nou 20 hektaar bloubessies gevestig.
Dit is ‘n uitdaging op sy eie waaroor ons verskriklik opgewonde is – ook omdat dit afhanklik is van bye om suksesvol bestuif te word. Derhalwe het ons ook byeboere geword.
Baie mense noem jou Namibië se Burre Burger. Hoe het jy by Namibië Boere se droogtehulp-inisiatief betrokke geraak?
Namibië Boere Droogtehulp is net uitvloeisel van Namibië Boere Hartklop, wat uit die Facebook-groep, Namibië Boere, ontstaan het.
Hartkop het begin deur aanvanklik vir die Woestynperde geld in te samel en het oorgevloei na hulp aan ouetehuise en droogtehulp in 2017 vir boere in die Suide.
Geld was maar altyd skraps en ons het gesukkel – soveel so dat ons in Januarie hierdie jaar wou tou opgooi.
Dit was egter nie die Here se plan vir my nie, en ons kon dit verder dryf.
Hoeveel boere het julle hierdie jaar gehelp?
Ons kon 650 boere help, wat maar ‘n druppel in die emmer is. Maar ek dank die Vader dat ons wel ‘n klein verskil kon maak.
Dit moes ‘n logisiteke nagmerrie gewees het om alles te reël. Hoe het jy kop bo water gehou?
As mens ‘n passie vir ‘n saak het, dan maak dit dinge verseker makliker. Ek sit lang ure in om die reëlings te tref en die aflewerings te koördineer; soms tot koste van ons boerdery. Maar ek ervaar net seën op seën.
Daarmee saam is daar ook ander baie bekwame mense in ons span waarsonder ek nie veel uitgerig sou kry nie. Hulle help veral met fondsinsamelingsinisiatiewe en praktiese reëlings waar voer en hulp uitgedeel word.
Is daar ‘n spesifieke skenking of hulpverleningsgeval wat vir jou uitstaan omdat dit jou aan die hart gegryp het?
Elke skenking is vir my baie spesiaal omdat dit van ‘n omgee-mens kom wat, ten spyte van sy of haar eie omstandighede, steeds gee.
Hier aan die begin het ons ‘n vrag lusern gelaai Suide toe sonder dat daar genoeg geld was vir die vervoer, maar ek het ten volle vertrou. Later was net nog N$10 nodig en toe ek die betaling moet laai het iemand werklik daardie N$10 inbetaal. Elke N$10 maak werklik ‘n verskil.
Dan was daar die vrou wat geskakel het nadat hulle hul vakansie opgeoffer om ‘n bydrae te maak en ons te help. Dit my heel aangedaan gelos, net soos baie van die ander skenkings. My man sê ek huil amper saam met almal wat bel - dié wat in nood is sowel as dié wat help.
Jy boer voltyds sy aan sy met Lourens. Wanneer beleef jy as boer jou gelukkigste oomblikke?
Met elke nuwe kalf, lam of perdevul wat gebore word. Dit bevestig net weer hoe groot ons Skepper is, en dan ook as ons ná ‘n dag se harde werk net dankbaar stil kan raak oor die voorreg om te kan boer.
Wat was te midde van die ellende, die waardevolste les van 2019 se droogte?
Dat ons enigste hoop is om op die Here gefokus te bly. En verseker ook die saamstaan van Namibiërs in nood, hul omgee-harte en oop hande. Ek is so ongelooflik trots op ons land en sy mense.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie