September: rAlzheimer-bewustheid
September: rAlzheimer-bewustheid

September: Alzheimer-bewustheid

Henriette Lamprecht
In September val die pers kollig op Alzheimersiekte, die 47 miljoen mense wêreldwyd wat met die siekte en ander demensies leef, asook families, versorgers en vriende wat hierdeur geraak word. Berrie Holzhausen, stigter van Alzheimer Dementia Namibia, vertel meer oor die siekte:

Wat is demensie?
Demensie is die sambreelnaam vir die verskillende simptome en tekens wat ’n mens ervaar wanneer jou brein permanent en progressief vernietig word.
Hierdie afsterwe (vernietiging) van breinselle word veroorsaak deur ’n magdom bekende en minder bekende siektes, waarvan Alzheimersiekte die bekendste is.
Buiten Alzheimersiekte is daar ook Vaskulêre demensie, Lewy Bodies demensie, Parkinson’s demensie, MIV/vigs-verwante demensie, Jacob Creutzfeld (malkoeisiekte), FTD (“Pick’s disease”) en ’n magdom minder bekende siektes.
Die brein bestuur en is verantwoordelik vir alles wat die mens is en kan wees. Dit sluit onder meer kommunikasie, beweging, sig, gehoor, denkvermoë, beplanning, interpretasie van die wêreld om jou, jou hartklop en beheer van bloeddruk in. Daarom is ’n mens wat met demensie leef, terminaal siek.
Huidig is daar wel sekere medikasie wat van die simptome kan help verlig, veral in die begin­stadium van die siektetoestand. Dit geld byvoorbeeld vir die korttermyngeheue of wanneer ’n persoon vanweë die siekte psigoties is, hallusineer of ’n ander realiteit beleef as dit wat vir ’n lewensmaat, familie of vriende bekend is. Daar is egter geen medikasie wat die siektes (Alzheimersiekte, Pick’s disease, Lewy Bodies demensie) kan verhoed of genees nie.
Baie van die ander siektes (Vaskulêre demensie, MIV/vigs- en alkoholverwante demensie of Karzakofsindroom ) kan wel soms verhoed word indien die risikofaktore vir die siektes ernstig opgeneem word.
Die gesegde “wat gesond is vir jou hart, is gesond vir jou brein” is hier van toepassing. Die bestuur van die mens se cholesterolvlakke, bloeddruk en bloedsuiker is daarom belangrik, asook gereelde oefening, gesonde en gereelde sosiale kontak en die stimulering van jou brein, ongeag jou ouderdom. In die geval van MIV/vigslyers geld die gereelde gebruik van ARV-medikasie.
Demensie, soos in die geval van kanker, kan alleenlik beveg word wanneer ’n nasie ingelig is en besef dat dit ’n gesondheidsprioriteit in Namibië móét word. Meer inligting is beskikbaar by Alzheimer Dementia Namibia; www.michellegrouptrust.wozaonline.co.za; [email protected]; 081 283 3983.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!