September die maand van wetenskap
September die maand van wetenskap

September die maand van wetenskap

Augetto Graig
Augetto Graig - Die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie (NCRST) het Dinsdag sy beplanning vir September as die “Maand van Wetenskap” aangekondig.
Volgens die kommissie se uitvoerende hoof, dr. Eino Mvula, sal volgende maand vol wetenskap-, tegnologie- en innoveringsgeleenthede wees.
Die doel is om die kommissie se mandaat en die Harambee-welvaartplan te bevorder. Die NCRST is vasbeslote om ? groot bydrae tot hierdie plan se uitvoering te lewer, veral wat ekonomiese ontwikkeling betref, het Mvula gesê. Ekonomiese hervorming, mededingendheid en die ontwikkeling van jeugondernemings is vir die kommissie van groot belang.
Daarom sal September aan bewustheid oor, die toepassing van, en nasionale waardering vir navorsing, wetenskap en tegnologie gewy word.
Om talentvolle jong mense na die wetenskap te lok, is vir Mvula noodsaaklik. “Deur middel van loopbane in wetenskap sal jong mense die drywers wees van nuwe ontdekkings en innoverings wat rykdom skep en mense se lewens verbeter,” het hy gesê.
Die program begin met die Nasionale Wetenskapskou wat vanaf 5 tot 9 September in 'n plaaslike hotel plaasvind en deur NamPower geborg word.
Daarna vind die Wetenskap-, Tegnologie- en Vernuwingsfees vanaf 12 tot 16 September in Ongwediva plaas. Uitstallings en demonstrasies sal onder meer op chemie, wetenskaplike wonders en moderne uitvindings fokus. Op slypskole sal deelnemers byvoorbeeld leer hoe om hul eie teleskope met huishoudelike items te bou.
“Ons wil die gees van die pret van wetenskap aanmoedig en wys hoe dit deel vorm van ons daaglikse lewe om die gemeenskap en die wetenskap bymekaar te bring,” het me. Angelique Philander vertel.
Terug in Windhoek sal die " Biggest Brainer" -wetenskapvasvra vanaf 19 tot 21 September plaasvind. Hierdie kompetisie word geborg deur Namport en vind in samewerking met die ministerie van onderwys, kuns en kultuur plaas om lewensvaardighede soos kommunikasie, strategiese denke, spanwerk en ? passie vir kennis te bevorder.
Tydens die Nasionale Navorsingsimposium vanaf 21 tot 23 September, sal navorsers en navorsingsinstansies gedagtes wissel en moontlikhede vir samewerking bespreek. Op die aand van 23 September vind 'n nasionale toekenningsdinee plaas om prestasies in navorsing, wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en innovering te erken.
“Die oplossings van môre ontstaan by die kruising waar verskillende perspektiewe en bevoegdhede mekaar ontmoet. Dit ontwikkel as gevolg van die ontmoeting tussen verskillende mense, nywerhede en sektore,” het Mvula gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!