September: Geel en goud vir kinderkanker
September is bewusmakingsmaand vir kinderkanker en die Kankervereniging van Namibië (CAN) wil elke landgenoot inlig oor die verskillende vorme van kinderkanker, in die hoop om kinderkankersterftes te probeer verminder.
Hoewel kinderkanker in die meeste gevalle oorerflik is, speel leefstyl en die voedingswaarde van kos ’n groot rol in die bevordering van ’n gesonde klein liggaam. Volwassenes en ouers het die belangrike taak om om te sien na ons kindertjies se welstand en gesondheid. Onthou: Die meeste kinderkankergevalle kom voor onder kinders tussen die ouderdomme van een en ses jaar.
Dit is ook die ouderdomme wanneer kinders nie aan hul pyn, ongemak of emosies kan uiting gee nie. Dit is juis dan wanneer ouers mooi moet oplet en notisie van die gevaartekens moet neem.
In die volgende aflewering van CAN se weeklikse rubriek word daar oor die algemeenste tipe kankers geskryf wat jong Namibiërs aanval.
Leukemie
Leukemie, kanker van die beenmurg en bloed, is die mees algemene kinderkanker.
Dit is verantwoordelik vir sowat 30% van alle kanker onder kinders. Die mees algemene tipes in kinders is akute limfosiet leukemie (ALL) en akute miëlogene leukemie (AML).
Hierdie tipes leukemie kan been- en gewrigspyn, moegheid, swakheid, bleek vel, bloeding of kneusing, koors, gewigsverlies en ander simptome veroorsaak. Akute leukemie kan vinnig vorder en moet gevolglik dadelik behandel word (gewoonlik met chemoterapie), sodra dit gediagnoseer is.
Gewasse in die brein, sentrale senuweestelsel
Gewasse in die brein en sentrale senuweestelsel is die tweede mees algemene kanker in kinders en verteenwoordig 26% van alle kanker onder kinders.
Daar is baie verskillende tipes breingewasse en die behandeling en vooruitsigte vir elkeen is anders.
Die meeste breingewasse in kinders begin in die onderste dele van die brein, soos in die serebellum of breinstam. Dit kan hoofpyn, naarheid, braking, versteurde of dubbelvisie, duiseligheid, moeite om te loop of met die hantering van voorwerpe en ander simptome veroorsaak. Volwassenes is weer meer geneig om gewasse in die boonste dele van die brein te ontwikkel. Rugmurggewasse is minder algemeen as breingewasse in beide kinders en volwassenes.
Neuroblast
’n Neuroblast word in ’n ontwikkelende embrio of fetus in die vroeë vorming van senuweeselle gevind.
Sowat 6% van kanker wat tydens die kinderjare voorkom, is te wyte aan dié selle. Hierdie tipe kanker kom veral in babas en jong kinders voor en selde onder kinders ouer as tien jaar. Hierdie gewas kan enige plek begin, maar sal gewoonlik in die maag begin en die eerste teken daarvan is dikwels ’n tipe swelling, wat dikwels ook beenpyn en koors veroorsaak.
Rhabdomyosarcoma
Rhabdomyosarcoma begin in selle wat in skeletspiere ontwikkel – die spiere wat ons in staat stel om dele van ons liggaam te beweeg. Hierdie tipe kanker kan byna enige plek in die liggaam begin, insluitende die kop, nek, lies, maag, pelvis, of in ’n arm of been. Dit kan pyn, swelling (’n knop) of albei veroorsaak. Dit is die mees algemene tipe sagte weefselsarkoom in kinders. Dit is verantwoordelik vir tot 3% van kinderkanker.
Retinoblastoma
Retinoblastoma is ’n kanker van die oog.
Dit is verantwoordelik vir ongeveer 2% van kanker wat onder kinders voorkom en word dikwels in kinders van twee jaar oud gevind. Dit is selde dat dit in kinders ouer as ses jaar voorkom.
Dit word dikwels tydens ’n roetineondersoek deur ’n dokter of ouer gevind as hulle sien die kind se oog lyk ongewoon. Wanneer ’n lig in die oog van ’n kind geskyn word, lyk die pupil (die donker kol in die middel van die oog) rooi, as gevolg van die bloedvate en are in die agterkant van die oog. In ’n oog met retinoblastoma, lyk die pupil dikwels wit of pienk.
Onthou: Kanker kan oorwin word! Dit is nie ’n doodsvonnis nie en deur vroegtydige diagnose en behandeling kan lewens gered word. Kontak CAN deur ’n e-pos na [email protected] te stuur, 061 237740 te skakel of hul webwerf by www.can.org.na te besoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie