September is skoutyd op Keetmanshoop

Skougangers kan ''n program vol aktiwiteite verwag
Gerine Hoff
Ian Nortje - Dit is byna tyd vir Keetmanshoop se jaarlikse skou en organiseerders woeker om vanjaar se skou een te maak om te onthou.
Die skou vind vanaf 3 tot 6 September plaas en beloof om besoekers met vermaak, kraampies, optredes en ander aktiwiteite uit die boonste rakke te vermaak.
Die tema is " Let's build a better tomorrow today" en dit sal op 2 Septembertydens die Extravaganza-aand amptelik geopen word.
Tydens dié geleentheid word Mej. Skou gekroon en gaste kan uitsien na 'n optrede deur Andriette. Die bekende akteur Hykie Berg tree die aand as seremoniemeester op. Kaartjies vir hierdie spoggeleentheid kos N$200 per persoon en sluit 'n driegangete in.
Volgens me. Karien Marais, een van die organiseerders, probeer hulle hierdie jaar om die skou meer uniek en onvergeetlik te maak.
" Ons het gekyk daarna om kunstenaars te kry wat iets anders as die gewone bied," sê sy.
Volgens Marais is een van die hoogtepunte die optrede deur Armand, die singende cowboy. Hy sing Country-liedjies terwyl sy perd toertjies en gechoreografeerde bewegings uitvoer. Hy tree Donderdag en Vrydag om 18:00 op.
Nóg iets waarna feesgangers kan uitsien, is 'n waagtoertjie-vertoning deur Brian Capper, 'n Suid-Afrikaanse kampioen op die gebied van motorfiets-toertjies.
" Hy sal Vrydag 'n vertoning bied wat die gehoor se adrenalienvlakke sal opjaag, en sal veral vir die jongklomp 'n trekpleister by die skou wees," het sy gesê.
Kaartjies vir beide bogenoemde geleenthede wat Vrydag plaasvind, kos N$50 per volwassene en N$30 per kind.
Vir die kleintjies en tieners sal daar ook hope vermaak wees. Volgens Marais sal buiten die gewone mallemeule, springkastele en ander kindervermaak, ook kindervertonings wees. Dié sluit in produksies soos Rooikappie en Wolf vir laerskoolkinders en Awe Ma, ek's Cool Koos vir die tieners.
Marais sê die kies van die Mnr. en Mej. Fitness is ook op die skouprogram. Hykie Berg is die seremoniemeester terwyl Johan C Venter van die bekende sanggroep Flip-A-Coin as kunstenaar optree.
Volgens haar sal Venter ook die Miss Tinkerbell-, Tiny Teen- en Miss Teen-kompetisie die Donderdag aanbied. Kaartjies vir hierdie geleenthede kos N$20 per volwassene en N$10 per kind.
Die landbouprogram is ewe opwindend, met perdekampioenskappe, die skouveiling en ’n troeteldierskou wat ingesluit is. Die trompoppies van die Privaatskool Keetmanshoop, ’n babaskou, waterkaskenades, toutrek-kampioenskappe en die 4x4 vasbyt sal vir verdere vermaak sorg.
Soos in vorige jare sal 'n wye verskeidenheid kraampies eet- en drinkgoed, lekkernye, speelgoed, tierlantyntjies en ander interessanthede verkoop. Daar is ook weer soos in die verlede, die Vrydag 'n entrepreneursdag waar enigiemand wat selfs iets maak en dit graag wil bemark, in die tent kan kom uitstal. 'n Kraampie kos N$100 en sluit ook 'n toegangskaartjie in. Diegene wat van hierdie geleentheid wil gebruik maak, kan vir Marais by 0813102965 skakel om om plek te bespreek.
Die skou word die Saterdag deur 'n Nama Rieldanskompetisie en optredes deur Gazza, S Man en Tabakan afgesluit. Besoekers word aangemoedig om hul eie stoele vir hierdie geleentheid te bring.
Algemene toegangskaartjies kos N$20 per volwassene en N$10 per kind terwyl pensioenarisse die skou gratis kan bywoon.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!