Serfonteins se bedrogverhoor geskei nadat Stephanie skuld beken
'n Voormalige senior administrateur van Ferrodrill Namibia het vandag in die hoërhof in Windhoek erken sy het tussen Oktober 2009 en Julie 2012 bedrog gepleeg deur die bedrae op krediteure se fakture vir diesel te vergroot en die verskil tussen die werklike bedrae en die verhoogde bedrae na die rekening van haar eksman en medebeskuldigde in die saak, asook haar eie oor te betaal.
Stephanie Serfontein het in haar pleitverduideliking gesê van die N$4 253 013,50 wat sy by haar vorige werkgewer gesteel het, is N$3 213 451,83 na die rekening van mnr. Isak Serfontein (48) oorbetaal terwyl N$1 039 553, 77 na haar sak is.
Sy verhoor is deur regter Kobus Miller van haar verhoor geskei omdat hy skuld ontken.
Die totale waarde van die 34 transaksies by die faktuurknoeiery betrokke, was N$17 617 781,44.
Lees die volledige berig môre in Republikein.
Foto: Hier is sy in die hof in gesprek met haar prokureur, mnr. Sarel Maritz.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie