Seriti wil nu00f3g u2019n myn by Anglo koop
Seriti wil nu00f3g u2019n myn by Anglo koop

Seriti wil nóg ’n myn by Anglo koop

Seriti Resources, wat onlangs al Anglo American se myne wat steenkool aan Eskom lewer verkry het, stel nou ook in die New Largo-projek belang. Seriti gaan R2,3 miljard vir die New Vaal-, New Denmark- en Kriel-steenkoolmyn, asook vier myne wat vroeër gesluit is betaal.
Dié maatskappy is een van verskeie wat volgens twee bronne ’n bod vir New Largo gemaak het.
Hulle sê Phuthuma Nhleko, voorsitter van die MTN Groep se Phembani-groep, en ander groepe onder leiding van Sipho Maseko en Jabu Mabuza, albei van Telkom, het ook voorheen oorweeg om New Largo as deel van ’n pakket te verkry. Die bod beloop ongeveer R1 miljard.
Die nuwe eienaars gaan ’n aansienlike belegging moet maak om die myn te ontwikkel, sê een bron.
New Largo het nie ’n bestaande kontrak met Eskom nie.
Die verkoop van New Largo sal Anglo help om hom aan projekte wat steenkool plaaslik verkoop te onttrek. Die maatskappy het ’n grootskaalse plan om van bates ontslae te raak in Februarie 2016 aangekondig ná ’n skerp daling in hulpbronpryse. Hy het gesê hy wil op diamante, platinum en koper fokus.
Hy het sedertdien, met hulpbronpryse wat weer begin styg het, op dié plan afgeskaal. Anglo het bevestig hy gaan voort met die moontlike verkoop van sy belang in die New Largo-projek, maar het nie besonderhede gegee nie.

Eskom, die grootste koper van steenkool in Suid-Afrika, het gesê hy wil hê verskaffers moet in swart beheer wees. Hy het in ’n verklaring gesê hy verwag nie om binnekort ’n kontrak met New Largo te onderteken nie.

Die projek is in Mpumalanga naby Eskom se Kusile-kragstasie. Dit is Eskom se grootste kragstasie en sal met voltooiing 4 800 MW lewer.

Anglo het dit oorweeg om New Largo by die transaksie vir die ander myne wat hy aan Seriti verkoop het in te sluit, maar het besluit om dit afsonderlik te verkoop om ’n beter prys daarvoor te kry.

Die verkoopsproses gaan na verwagting nog drie tot vier maande duur. Netwerk24/Bloomberg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!