Serpe deug ook as maskers
Jemima Beukes
Die mediese beampte vir gehalteversekering in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Appolo Basenero, sê items soos serpe en lappe kan pleks van gesigmaskers gebruik word solank die vereiste gesondheidsmaatreëls nagekom word, soos om dit gereeld in warm water te was.
Dit volg ná die regering se opdrag Donderdag dat alle Namibiërs van vandag af maskers moet dra vir beskerming teen die coronavirus wanneer hulle hul huise verlaat.
In 'n gesprek gisteroggend by die Covid-19-kommunikasiesentrum oor die moets en moenies van maskers, het Basenero gesê die maskers moet mense se mond, neus en ken bedek.
“Die materiaal moet só wees dat jy daardeur kan asemhaal. 'n Serp kan ook gebruik word. Die masker is bedoel om ander te beskerm. As jou mond bedek is wanneer jy praat of hoes, kan fyn speekseldruppels nie versprei nie,” het hy gesê.
Basenero sê mense wat hul eie maskers maak, moet seker maak dit het drie lae: katoen aan die binne- en buiteland, met 'n dun filterlaag in die middel.
Dr. Mary Brantuo van die Wêreldgesondheidsorganisasie het mense gemaan teen maskers wat te klein of te groot is en dus nie reg op die gesig pas nie.
“Wanneer jy die masker dra, moet nie met jou hande aan jou gesig vat nie. As die masker nat word, haal dit af, want dit verhoog die kans op ander infeksies. Was die masker met warm seepwater en stryk dit voor jy dit weer dra. Moet nie weggooibare maskers meer as een keer gebruik nie,” het sy gesê.
Volgens haar moet mediese maskers soos die N95 en ander weggooibare maskers beperk word tot mediese en gesondheidspersoneel wat na pasiënte omsien.
“As die algemene publiek dit gebruik, mag daar dalk nie genoeg vir gesondheidswerkers wees nie en moet hulle iets gebruik wat nie genoeg beskerming bied nie en hul blootstel.”
Adj.komm. Kauna Shikwambi, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie wag nog vir die regulasies wat tydens fase 2 van die noodtoestand sal geld om te sien of daar opgetree gaan word teen mense wat sonder maskers in die openbaar verskyn. Sy sê boetes sal die laaste uitweg wees.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie