Ses klagte teen Fishrot-6
Die viskwota-drama het vererger toe twee voormalige ministers se Suid-Afrikaanse regsverteenwoordigers in hegtenis geneem is.
Elvira Hattingh - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) “het sover niks teen” die topregsgeleerdes mnre. Sisa Namandje en Sacky Kadhila nie.
Só het die direkteur-generaal van die ACC, mnr. Paulus Noa, gister aan Republikein gesê en bevestig hy is nie bewus van 'n bevel van inhegtenisneming wat teen Namandje uitgereik is ná die twee as deel van die Fishrot-korrupsiesage geïmpliseer word nie.
"Ek gaan dit ook nie met die media bespreek nie," het hy gesê.
Oor beweringe dat Kadhila landuit gevlug het, het Noa gesê hy weet nie of dit waar is nie. Kadhila is die besturende direkteur van Omualu Fishing wat ook by die Fishrot-sage betrek is.
"Ek weet nie of hy landuit is nie. Miskien is hy op 'n oorsese reis. Hy is 'n vry man. Hy sal terugkom soos die ander," het Noa gesê.
Laat Vrydagmiddag is klagte van bedrog, geldwassery, belastingontduiking, die misbruik van ‘n ampspos tot eie voordeel, die ontvang van of instem om omkoopgeld te ontvang, en sameswering met die doel om ‘n misdryf te pleeg, is amptelik teen die sogenaamde Fishrot-6 ingedien.
Terselfdertyd het die Windhoek-landdroshof beslis hul borgtogaansoek moet tot vandag wag.
Dit beteken gewese ministers Bernhard Esau en Sacky Shanghala, asook hul medebeskuldigdes, mnre. James Hatuikulipi, Ricardo Gustavo, Fitty Hatuikulipi en Pius Mwatelulo, moes die naweek in aanhouding deurbring.
Dit het gevolg ná 'n gebeurtenisvolle Vrydag toe Esau en Shanghala se Suid-Afrikaanse regsverteenwoordigers, adv. Mike Hellens, SC, en adv. Dawie Joubert deur Namibiese immigrasiebamptes in hegtenis geneem is.
Dít omdat hulle nie oor die nodige werkspermitte beskik het om in Namibië te mag werk nie. Die advokate is dieselfde dag in die hof skuldig bevind en moes óf ‘n boete van N$10 000 betaal óf 18 maande tronkstraf uitdien.
Die oponthoud het daartoe gelei dat die borgtogaansoek van 09:00 tot 14:00 uitgestel is, maar die ses beskuldigdes was eers om 16:30 weer voor landdros Linus Samunzala in die hof.
Intussen het Nampol se spesiale magte toegang tot die hof met ‘n ysterhand regeer. Ieder en elk is eers deursoek voor hulle in die hof toegelaat is. Daar is ook aan joernaliste voorgeskryf wanneer foto’s geneem mag word, asook waar hulle mag staan of beweeg.
KLAGTE
Esau is die enigste wat ook deur ‘n bykomende klag van ampsmisbruik in die gesig gestaar word, terwyl Mwatelulo slegs van geldwassery aangekla is.
Esau is nie aangekla van sameswering met die doel om ‘n misdryf te pleeg nie.
Volgens die klagstaat het Esau sy amp misbruik deur tussen 2014 en 2019 ‘n kwota vir marsbankervis van tot 55 000 miljoen ton aan Namgomar Pesca Namibia vir sy eie en ander se voordeel toe te ken.
Benewens Mwatelulo word die res ook vir die ontvang van omkoopgeld aangekla. Volgens die klagstaat is geld hiervoor bekom deur verskeie geldoorplasings van Namgomar Pesca Namibia na onder meer Otuafika Investment, Grey Guard Investment en Wiese Construction, asook deur die uitreiking van talle fopfakture aan Esja Seafood.
In die klagstaat word gesê hierdie ooreenkomste of reëlings het ook die effek gehad dat die bron, aard en oorsprong van eiendomme, geld of belange versteek kon word.
In die klagstaat word aangedui die beskuldigdes het ook geld ontvang of ingestem om geld van Mermaria Seafood Namibia of Esja Seafood te ontvang. Die bedrag is glo nie minder as N$103,6 miljoen nie.
Die klagte van bedrog is ingedien omdat Esau glo nie geoorloof was om in 2014 ‘n ooreenkoms van wedersydse begrip met die Angolese regering te onderteken nie. In die klagstaat word ook gesê die doel van die ooreenkoms was nie om die twee lande se bevolkings te bevoordeel nie, maar eerder die beskuldigdes, en om viskwotas te bekom.
Die bom in die sogenaamde Fishrot-skandaal het op 12 November in die buitelandse media gebars. Dit hou verband met die toekenning van viskwotas aan Namgomar Pesca (Namibia) Pty Ltd, asook verskeie ander mense en entiteite in Namibië, Ciprus, Ysland, Angola, Noorweë, Mauritius en die Verenigde Arabiese Emirate.
Intussen het Al Jazeera se ondersoekspan gister 'n dokumentêre program oor die Fishrot-sage uitgesaai waarin Kadhila en Namandje ook by die viskwotakorrupsiesage betrek word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie