Ses Kongolese sterf in protesoptog
Weerstand vlam op teen president Joseph Kabila van die Demokratiese Republiek die Kongo.
Kongolese veiligheidsmagte het Sondag ten minste ses mense doodgeskiet en 57 beseer tydens 'n protesoptog in Kinshasa teen pres. Joseph Kabila wat deur die Katolieke Kerk georganiseer is.
Traangas is afgevuur om die protesoptog naby die Nortre Dame-katedraal in die hoofstad te ontbind, sê 'n woordvoerder van die Verenigde Nasies se vredesmissie (Monusco) in die Demokratiese Republiek die Kongo.
Kabila weier om afstand te doen van sy presidentskap wat in Desember 2016 geëindig het en 'n reeks protesoptogte het gevolg.
Florence Marchal, woordvoerder van Monusco, het gesê 57 mense is gewond en baie mense is van oral oor in die land in hegtenis geneem. Protesoptogte het ook in die sentrale Kongolese diamantdorp, Mbuji-Mayi, ontstaan, asook in die oostelike stede Goma en Lubumbashi en verskeie ander plekke.
“Ek het vandag oor 'n eenvoudige rede aan die protes deelgeneem: Ek wil my kind in 'n land grootmaak wat menseregte respekteer, het Pascal Kabeya, 'n 40-jarige handelaar aan Reuters gesê waar 'n paar honderd mense in Kinshasa aan die optog deelgeneem het.
“Kabila het sy twee termyne uitgedien. Hy moet nou gaan en iemand anders 'n kans gee”.
Die polisiehoof van Kinshasa, generaal Sylvano Kasongo Kitenge, het in 'n verklaring gewaarsku dat die protesoptog verbied is.
“Geen poging om openbare orde te versteur sal in Kinshasa geduld word nie,” het hy gemaan.
Kitenge, omring deur gewapende polisie, het die pad na die Notre Dame-katedraal besoek waar die protesoptog plaasgevind het.
“Die mis is verby, die priesters moet nou huis toe gaan en almal moet nou huis toe gaan. As julle weier, sal ons verplig wees om traangas af te vuur.”
“Ons prys Kongolese burgers wat hul grondwetlike regte gebruik om vreedsaam die volle implementering van die ooreenkoms ondersteun,” het die Amerikaanse en Britse ambassades in 'n gesamentlike verklaring gesê.
Kongo se invloedryke Rooms-Katolieke Kerk dien as 'n harnas vir die opposisie van Kabila.
“Ek doen 'n beroep op die owerhede . . . en almal in die geliefde land vir hul beste pogings om geweld te vermy,” het Pous Franciscus oor Kongo se krisis Sondag in Peru gesê.
– Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie