Ses maande, twee fietse, een kontinent
Tanja Bause - Twee jong Duitse ingenieurs, Sandra Greule (24) en Peter Lindner (23), het einde September verlede jaar uit Stuttgart in Duitsland na Nairobi in Kenia gevlieg vir 'n avontuur wat hul stoutste verwagtinge oortref het.
Dit was om ses maande lank met fietse deur soveel Afrika-lande moontlik te ry. Maar nie een van die twee is ywerige fietsryers nie. Hulle het tot voor hul vertrek nie eens fietse besit nie.
“Peter het as 'n grap gesê ons kan met 'n fiets deur Afrika toer. 'n Paar maande voor ons vertrek het, het hy een Sondag gesê hy het op ebay twee tweedehandse fietse gesien en ons moet dit koop. Ons het die fietse toe binne vyf minute gekoop,” het Sandra vroeër die week in Windhoek vertel waar hulle enkele dae gelede aangekom het. Die avontuurlustige paartjie hou daarvan om mense van verskillende kulture te leer ken.
Hulle het al met 'n Volkswagen T3 deur Denemarke getoer, met hul eie voertuig deur Australië gery, en met openbare vervoer deur Viëtnam gereis.
Afrika was volgende op hul lys omdat kultuurverskille tussen Duitsland en Afrika so groot is.
“Ons het gedink om fiets te ry is die maklikste manier om mense langs die pad te leer ken — en ons was reg,” sê Peter.
Volgens die paartjie was hul vriende en familie nie baie beïndruk met hul toerplanne deur Afrika nie.
“Daar is baie negatiewe beriggewing in die media en mense het vir ons veiligheid gevrees. Maar ons het in die ses maande nooit bedreig gevoel nie. Inteendeel, die mense is ongelooflik vriendelik en behulpsaam,” vertel Sandra.
“Ons het selfs in 'n garage by 'n polisiekantoor in die Zambezistreek oornag omdat dit reënseisoen is en hulle bang was ons reën nat. Die polisiebeampte het selfs iemand uit die selle gaan haal sodat hy die garage kon skoonvee voor ons ons tent daar opgeslaan het,” sê sy.
Hulle het in Uganda een keer om die Victoriameer gery, by die berg Kilimanjaro verbygery en die hele lengte van Malawimeer langs getoer.
Die paartjie het ook twee weke lank in Zanzibar vakansie gehou.
“Af en toe het ons 'vakansie' van ons fietse geneem en dan vir twee weke nie daarop geklim nie,” sê Sandra.
Hulle het ook met hul voertuie deur die Serengeti in Tanzanië en die Chobe Nasionale Park in Botswana gery.
“Mens mag nie op fietse deur die twee parke ry nie. In Tanzanië het ons die fietse voor aan die toeristevoertuig vasgemaak en is so deur die park. In Botswana het ons op 'n saamrygeleentheid met 'n bakkie gewag,” sê Peter.
Op 1 Maart word die fietse in bokse verpak vir die terugvlug Duitsland toe vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako.
Hulle het dan 8 963 km deur Kenia, Uganda, Tanzanië, Malawi, Zambië, Zimbabwe, Botswana en Namibië afgelê.
Peter is besig met sy meestersgraad in meganiese ingenieurswese.
Hy het 'n semester afgevat vir die toer deur Afrika. Sandra het vier dae voor hul vertrek haar graad in elektriese ingenieurswese voltooi.
Besoek dié twee se blog by www.africancycle.wordpress.com.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie